Deur: John Matarazzo
Bron: www.charismanews.com

Christ for all Nations (CfaN) het gesien hoe meer as 81 miljoen mense wêreldwyd positief op die Evangelieboodskap gereageer het, maar onlangs het God die bediening se aandag gevestig op nog ’n oesland: in hulle eie agterplaas in Orlando, Florida. ’n Paar maande se arbeid het onlangs vrug afgewerp in die Orlando Ballroom van die Hilton Hotel Destination Parkway, waar 2 300 mense bymekaargekom het en duisende ander aanlyn ingeskakel het vir die amptelike bekendstelling van Nations Church, wearenations.church.

Tydens die CfaN Fire Conference wat in Januarie 2021 gehou is, het evangelis Daniel Kolenda die stigting van die kerk in Orlando aangekondig. Kort voor lank het ’n span Sondagoggende byeengekom om saam te bid en te aanbid by die Hoërskool Olympia in Orlando.

Een van die belangrikste elemente in die weeklikse gebeds- en aanbiddingsbyeenkomste was om getuienis te deel van mense wat tot bekering gekom het – van die sendelinge wat van evangelisasieveldtogte uit Afrika teruggekeer het tot gesprekke wat van aangesig tot aangesig in kruidenierswinkel of op straat gebeur het.

Die gebedsbyeenkomste het uitgebrei tot bidure wat gedurende die week in huise gehou. Met die amptelike bekendstellingsdatum wat nader gekom het, het die hoërskoolouditorium wat op Sondae vir die gebedsbyeenkomste gebruik is, sy volle kapasiteit bereik. Dit het die Nations Church genoop om ’n tweede gebedsdiens te begin.

Mense van reg oor die wêreld het gelei gevoel om hulle by die Nations Church aan te sluit en meer as 120 gesinne het reeds na Orlando verhuis om deel te wees van hierdie beweging.

In sy eerste amptelike boodskap by die Nations Church, het Kolenda dit duidelik gemaak dat CfaN Afrika nie laat vaar nie – of dat dit selfs werksaamhede gaan verminder nie. Die bediening beplan eerder om per jaar die sewe of agt crusades in Afrika te vermeerder na 43.

Die gemeente het saam uit Matteus 16:13-19 gelees. “Toe Jesus in die streke van Sesarea-Filippi kom, het Hy vir sy dissipels gevra: ‘Wie, sê die mense, is die Seun van die mens?’ Hulle antwoord: ‘Party sê Johannes die Doper, party Elia, party Jeremia of een van die profete. Maar julle,’ het Hy gevra, ‘wie, sê julle, is Ek?’ Simon Petrus het geantwoord: ‘U is die Christus, die Seun van die lewende God.’”

Kolenda het verduidelik wat Jesus bedoel toe Hy sê: ” … op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.” – Matteus 16:18. Poorte met hekke is skanse. Jesus het Sy Kerk geroep om die poorte van die hel te oorwin en Kolenda het gesê dat Nations Church op die voorste linies sal wees en daardie poorte aanval om die gevangenes wat deur sonde vasgevang is, te help red.

Baie mense het vorentoe gegaan toe Kolenda hulle genooi het om Jesus as Verlosser te ontvang.

Kolenda en die ongeveer 1 500 Nations Church se span is gereed en opgewonde om die Koninkryk van God te bevorder en die poorte van die hel te oorwin terwyl Jesus Sy Kerk bou.

Kyk hier na die video van die bekendstellingsdiens van Nations Church.

Foto: www.facebook.com


6 September 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.