Bronne: cip.nl

7 November 2019

Die Chinese regering het die staatsbeheerde Protestantse kerk in die land opdrag gegee om Bybelse figure in hul tydskrifte met ouderwetse Chinese mans en vroue te vervang. Hiermee begin die regering nou met die versmelting van ander godsdienste met sy ideologie.

In die “Christelike” tydskrif, Tian Feng (“Hemelse Wind”)wat deur die Drieself-beweging (en die Chinese Christelike Raad (CCR) uitgegee word, word Jesus uitgebeeld waar Hy praat met ouderwetse Chinese karakters in Chinese landskappe. Maria word ook as ’n Chinese vrou uitgebeeld. Dit is egter nie so seer die Chinese kleredrag en konteks wat die groot probleem is nie, maar die feit dat die teks van die Bybel vermeng word met

Die Oktober-uitgawe van die tydskrif is aan die 70ste herdenking van die kommunistiese China gewy. Bybelse illustrasies is deur patriotiese slagspreuke en prentjies vervang. Dit is duidelik dat daar ’n agenda is wat veel meer behels as om net die Christendom met die Chinese kultuur te versmelt.

’n 70-jarige Chinese Christen het aan Bitter Winter gesê dat die kommunistiese regering altyd daarop aandring dat Chinese mense nie deur die Weste beïnvloed moet word en in ’n vreemde God glo nie. “Maar ek het nie verwag dat die Here Jesus en die heiliges in Chinese mense sou verander nie. Dit is so bisar,” het sy gesê. “Nie net die prentjies is deur die regering aangepas nie, maar in die tydskrif staan daar byvoorbeeld ook dat Spreuke 14:21: “Wie sy naaste verag, doen sonde; wie medelye het met die mens in nood, met hom gaan dit goed,” gelykstaande is aan ’n Confuciaanse gesegde. Dele van die Bybel word ook in die tydskrif vergelyk met dié van die Chinese filosoof Zhu Bolu, wat in die 17de eeu geleef het.

Christene in China is bekommerd dat die CCR die tradisionele kultuur gebruik om die Bybel mee te vervang en Bybelse leringe te verdraai. Sommige Christene meen dat die gebruik van Confuciaanse en antieke Chinese klassieke literatuur om die Bybel mee te interpreteer, godslastering is.

“Die CCR vervang die God se woorde met menslike morele standaarde, en verdraai die Christelike leerstelling stilweg en ondergrawe die fondamente van die Christelike geloof,” het ’n predikant van ’n huiskerk gesê.

Volgens ’n berig in Bitter Winter (bitterwinter.org) het die regime die aanlyn verkope van die Bybel sedert Maart verlede jaar verbied en dit selfs vroeër van die rakke in winkels begin verwyder. Die Bybel word nou herverwerk deur hoofstukke uit die Confuciaanse, Taoïstiese en Boeddhistiese klassieke werke in te sluit, as deel van die regering se plan om die Christendom met die Chinese kultuur te versmelt.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.