Bron: International Christian Concern

12 April 2021

Die Chinese regering gaan strenger teen “onwettige sosiale organisasies” optree. China gaan veral vyf soorte organisasies spesifiek teiken, insluitend huiskerke, berig International Christian Concern. Die regering fokus daarop om organisasies op te spoor wat nie geregistreer is nie, maar wel steeds aktiwiteite organiseer en vergaderings hou. Hierdie nuwe wending sal verdere druk op Chinese huiskerke plaas.

In verskeie Chinese provinsies, soos Sichuan, is die verskerpte toesig reeds van krag. Daar word gedreig om die swaar vervolgde huiskerk, Early Rain Covenant Church, te sluit en verskeie ander Christelike en Boeddhistiese organisasies kan hul bestaansreg in die Asiatiese land verloor.

Organisasies wat deur die party geteiken word, is dié met “China” (Zhonghua, die land se Chinese naam) of “Nasionaal” in hul naam het. Hierdie name dui op nasionale belang of befondsing van die regering, wat nie die geval is nie. Volgens die Kommunisteparty oortree hierdie organisasies dus die wet.

’n Ander groep organisasies wat deur die veldtog geteiken word, is diegene wat die eeufeesviering van die Chinese Kommunisteparty ignoreer. Sou organisasies tydens die feesdag vergader of aktiwiteite reël, sal hulle hul registrasie en dus ook bestaansreg in China verloor.


12 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.