-deur Lindsay Elizabeth

11 Junie 2019

Cordeiro, die pastoor van New Hope Christian Fellowship in Honolulu, Hawaii, het tydens sy reis in China twee-en-twintig Christene ontmoet wat dertien uur per trein uit die Hunan-provinsie gereis het om sy leierskapopleiding by te woon.

Cordeiro het die opleiding in ’n hotelkamer van 65 vierkante meter aangebied. Daar was geen lugversorging nie en geen banke om op te sit nie.

“Wat sal gebeur as ons gevang word?” het Cordeiro gevra.

“Jy sal binne 24 uur gedeporteer word en ons sal vir drie jaar tronk toe gaan,” het die Chinese Christene geantwoord.

Hy wou weet hoeveel van hulle reeds tyd in die tronk deurgebring het, en uit die twee-en-twintig was agtien al in die tronk vir hul geloof.

Cordeiro het die les in 2 Petrus begin. Hy het net vyftien Bybels gehad, dus sou sewe mense nie Bybels ontvang nie.

“Ek het gesê hulle moet na 2 Petrus 1 gaan omdat ons dit hardop gaan lees. Net toe het een vrou haar Bybel aan die persoon langs haar oorhandig. Ek het gedink: Dit is interessant.” Hy het spoedig agtergekom waarom sy haar Bybel weggee het, sy het reeds die hele boek gememoriseer.

“Ek het na die tyd na haar toe gegaan en gesê: ‘Jy het die hele hoofstuk uit jou kop uit geken.”

“In die tronk het jy baie tyd op hande,” het sy geantwoord.

Sy het gesê hoewel die owerhede inderdaad enige Christelike materiaal konfiskeer, smokkel mense die Skrif op stukkies papier in en steek dit weg vir die wagte.

“Daarom memoriseer ons dit so vinnig as wat ons kan, want hoewel hulle die papier kan wegneem, kan hulle nie die woorde wat in ons harte weggesteek is, konfiskeer nie,” het sy gesê.

Foto: Kevin Frayer / Getty Images


Bron: faithwire.com

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.