Bron: cip.nl

Christene in China kry uiters swaar in konsentrasiekampe waar hulle “gebreinspoel” en gedwing word om van hul geloof afstand te doen. Die kampe word voortdurend verskuif sodat hulle nie ontdek word nie, berig the Christian Post.

Li Yuese is in hegtenis geneem omdat hy ’n kerk in sy huis gelei het en het getuig oor sy tyd in die “breinspoelkamp”.

Hy het bykans tien maande in die kamp deurgebring. Die pastoor sê hy was maande lank in ’n kamer sonder vensters of ventilasie opgesluit en het nie een keer die lig gesien nie. “Hulle dreig, intimideer en beledig jou. Die kampe word volgens hom bestuur deur lede van die Eenheidsparty (die Kommunisteparty van China) en was gewoonlik in burgerlike drag geklee. Die polisie sluit hulle oë vir wat aangaan,” het Yuese gesê. “Jy moet saamstem met wat hulle van sê anders word dit as slegte gedrag beskou en sal jy in aanhouding bly en geslaan word.”

Yuese verduidelik hoe die breinspoeling gewerk het. “Ons is in ’n kelder toegesluit. Ek weet nie wat die langste tydperk was wat ander daar toegesluit is nie, maar ek het minstens agt of nege maande daar deurgebring. Jy sien nooit die son nie en verloor alle besef van tyd. Ná ’n week wou ek eerder sterf as om in daardie situasie te bly. Ek het myself teen die mure gestamp om myself seer te maak.”

Uiteindelik is die voorganger vrygelaat. Getuienisse van hom en ander Christene wat voorheen in die tronk was, gee ons ’n beter begrip van die situasie en vrees vir Christene in China.


7 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.