Bron: International Christian Concern

Die vervolging van Christene in China het weer eens ’n nuwe wending geneem met die vervolging wat nou op die digitale gebied verskerp.

Mense kan via ’n nuwe toep Christene verklap wat in die openbaar oor hulle geloof getuig. Die Kommunisteparty wil so verhoed dat Christene invloed in China kan uitoefen. Verskeie Christelike toepe en Christene se profiele op die kletsplatform We Chat is verwyder, berig International Christian Concern (ICC).

Christene wat probeer het om toegang tot hulle profiele op sosiale media te verkry, is in kennis gestel dat hulle profiel in stryd met die nuwe beleid is. Hulle is nou tot geblokkeer. Vermoedelik sal die Christene nooit weer toegang verkry tot WE Chat nie. Christelike sienings druis in teen die “gewenste sosiale mening” wat die Chinese Kommunisteparty wil bevorder omdat die party geloof as ’n bedreiging vir die staat se mag beskou.

Dit word al hoe moeiliker vir Chinese Christene om ’n Bybel te bekom. Volgens ICC se bronne is Bybels van die rakke verwyder. Nou is Bybel-toepe ook nie meer beskikbaar om afgelaai te word nie. Dit kan slegs nog met behulp van ’n virtuele private Netwerk (VPN), ’n netwerkkonneksie wat jou aanlyn identiteit verberg en dit moeilik maak vir derdepartye om jou aanlyn aktiwiteite te monitor, gedoen  word.


4 Mei 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.