-deur Michael Foust | ChristianHeadlines.com

Bron: christianheadlines.com

Foto: Jamie A./Pixabay

4 September 2019

China se onlangse verdrukking van die Christendom het daartoe gelei dat ’n bestaande wet nog strenger afgedwing word: Kinders en jeugdiges mag hulle eers tot die Christelike geloof bekeer wanneer hulle 18.

Kerke oral in China kanselleer Sondagskoolklasse vir kinders weens die nuwe fokus op die wet, berig Mission Network News.

“Een van die wette wat nog altyd gegeld het, is dat jy nie iemand wat jonger as 18 is mag evangeliseer of jou geloof laat aanneem nie,” het Erik Burklin van China Partner aan Mission Network News gesê. “Voorheen kon ouers hulle kinders kerk toe gebring en talle kerke het Sondagskoolklasse begin. Hulle het die kinders Bybelverse en liedere geleer,” het Burklin gesê.

Maar nou is baie kerke deur die Chinese buro vir godsdiensaangeleenthede in kennis gestel dat Sondagskoolklasse nie meer toelaatbaar is nie. Amptenare het selfs kennisgewings by kerke aangebring om mense daarvan bewus te maak.

Volgens Burklin sal kerke in China kreatief te werk moet gaan om kinders en tieners met die Evangelie te bereik.

Een van die maniere waarop die ouderdomsgroep bereik kan word, is deur die ouers.

Michael Foust is ’n vryskutskrywer. Besoek sy blog, MichaelFoust.com.


VRYWARING: Joydigital-nuus  ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsluitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.