Bron: christianpost.com

Die Vatikaan en China het ’n ooreenkoms bereik oor die aanstelling van biskoppe in die Asiatiese land.

Die ooreenkoms, wat met twee jaar verleng is, behels onder meer dat Chinese biskoppe deur die Chinese Patriotiese Rooms-Katolieke Vereniging aan die Vatikaan voorgelê word, wat op sy beurt die voorlegging kan veto. Dit behels ook dat die vorige biskoppe wat deur die kommunistiese land aangestel is en toe deur die pous verban is, nou aanvaar sal word, berig die Christian Post 

Die ooreenkoms word deur menseregte-organisasies bevraagteken weens die beperkte godsdiensvryheid in China wat hierdeur onder nog groter druk geplaas sal word. Die tydsberekening is sleg, sê organisasies soos die International Christian Concern, want dit lyk asof die Vatikaan China se standpunt wettig. China het ongeveer tien tot twaalf miljoen Rooms-Katolieke gelowiges.

In ’n verklaring het die Vatikaan “goeie kommunikasie en samewerking tussen die partye” beklemtoon en vir “openlike en opbouende dialoog gevra wat in die belang van die kerk en die welstand van die Chinese volk” sal wees.

Die spanning tussen die Chinese regering en die Vatikaan duur al dekades lank. Waar die Rooms-Katolieke Kerk daarop aandring dat biskoppe deur die pous aangestel word, weier die Chinese kerk en beskou dit as buitelandse inmenging.

Ná die vorige ooreenkoms tussen die Vatikaan en China in 2018, het die regering priesters gedwing om ’n dokument te onderteken waarin verklaar word dat hulle aan die “onafhanklike kerk” behoort. Hiermee het hulle verklaar dat hulle geen bande met buitelanders het nie. Hulle sou ook nie godsdiensonderrig aan mense onder die ouderdom van 18 verskaf nie. Die ondertekende dokument het aktiwiteite binne die kerk ingeperk.

Lees die volledige berig hier

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


26 Oktober 2020

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.