Deur Donnelly McCleland
Bron: incontextinternational.org

Inwoners van Chili het op 4 September in die eerste groot terugslag vir linksgesinde president Gabriel Boric ’n meerderheidstem van 62% uitgebring teen die grondwet wat pas saamgestel is.

Die persentasie van byna twee derdes was baie hoër as wat meningsopnames voorspel het en dit skep ’n redelik onsekere stand van sake in Chili. Totdat ’n nuwe konsepgrondwet opgestel word, bly Chili se vorige oppergesag, ingestel deur Augusto Pinochet se regime in 1980, van krag. ’n Grondwetlike konvensie het begin skryf aan ’n nuwe grondwet nadat 80% van die bevolking in Oktober 2020 ten gunste van die wysiging van die dokument gestem het. ’n Reeks betogings in 2019 teen die stygende tariewe van die ondergrondse spoorweg en die steeds groeiende welvaartsgaping het die verkiesing in 2020 voorafgegaan.

Hoewel ’n oorweldigende meerderheid ’n nuwe grondwet wou hê, is die konsep wat vir die verkiesing in September voorgehou is, deur baie stemgeregtigdes as “te radikaal” beskou. Indien dit goedgekeur sou word, sal die nuwe grondwet in verskeie opsigte hervorming bring vir die Chileense samelewing en sal die struktuur van die regering aansienlik gewysig word. Die konsep waarborg meer as 100 menseregte; meer as enige ander grondwet ter wêreld.

Die regte soos dit in die voorlegging staan, is verreikend, en wissel van die reg tot vrye tyd, gesondheidsorg en onderwys, tot groter kubersekuriteit en gratis regsadvies vir almal. Die konsep het ingesluit dat Chili tot ’n staat van vele nasionaliteite verklaar word, wat elk van Chile se 11 inheemse groepe (sowat 13% van die land se bevolking) erken as ’n nasie op sigself. Baie kritici van die konsep is oortuig dat indien inheemse grondregte en regstelsels erken word, Chili selfs nog meer verdeeld sou wees as wat dit tans is.

Die konsepgrondwet is ook daarop gemik om verdere ongelykheid in die samelewing reg te stel, deur 50% van staats- en institusionele poste vir vroue te reserveer. Dit sou ook beteken dat Chili se senaat vervang word deur ’n Kamer van Streke, ’n skuif wat kritici as “onnodig en eksperimenteel” bestempel. Hoewel daar geen amptelike tydslyn bestaan vir die voorlegging van ’n nuwe konsep nie, word verwag dat president Boric sy kabinet sal begin skommel om sekere meer deurwinterde politici aan boord te bring. As die land se jongste leier ooit, is mnr. Boric by tye gekritiseer weens sy en sy party se gebrek aan politieke ervaring.

Vanuit ’n Christelike perspektief
Chili is lank reeds ’n hoofsaaklik Rooms-Katolieke land. Terwyl dit so bly, vind daar ’n inkrimping van die Kerk op ander terreine van die samelewing plaas. Een van die vrese wat Christene tydens die vroeë dae van die samestelling van die nuwe grondwet uitgespreek het, was dat godsdiensvryheid vervang gaan word deur ’n meer sekulêre ingesteldheid.

Die nuwe voorgestelde grondwet het die klousules behou wat godsdiensvryheid waarborg, maar dit raak ook baie ander regte waaroor die Kerk in Chili bekommerd is, soos die toenemende reg op aborsie. ’n kontak van INcontext in Chili het die besorgdheid uitgespreek dat hoewel godsdiensvryheid in die grondwet ingeskryf word, die Kerk steeds voor nuwe uitdagings te staan sal kom onder mnr. Boric se regering. Die potensiële uitdagings behoort egter nie die Kerk se vermoë om die gemeenskap te bereik, te verhinder nie.

“Ek kan wel sê dat die Kerk in ons land, soos in ander, opgehou het om ’n teenwoordigheid in die samelewing te wees. In baie gemeentes is Bybelse lering, waardes en diepte vervang deur musiek en emosie, terwyl kommunisme, seksuele agendas en ateïsme aanhou groei.” Chileense Christene is nie baie betrokke by die politiek nie, maar die jonger generasie van gelowiges raak meer sosiaal en polities aktief, iets wat volgens die kontak ’n kwelling vir die Kerk is aangesien dit dikwels te wyte is aan die wêreldse onderrig in skole en universiteite, eerder as Skrifgebaseerde onderrig.

Hoewel dit nie inherent sleg is vir Christene om in die politieke sfeer betrokke te raak nie, behoort dit gemotiveer te word deur dissipels wat aan Christus gelykvormig is en wat sout en lig na hul gemeenskappe bring, gegrond op die Skrif en wat ’n voorbeeld stel.

Bid asseblief saam met ons:
• Bid vir ’n grondwet wat die behoeftes en begeertes van die mense van Chili regverdig sal verteenwoordig en dat genesing en versoening in alle opsigte in die samelewing sal plaasvind;
• dat die Chileense Kerk sal gefokus bly op sy missie om dissipels te maak wie se lewens en invloed ’n impak op hul gemeenskap sal maak tot eer van God; en
• dat elke Chileense gelowige ’n vredemaker sal wees binne sy of haar gemeenskap en dat die lig van Christus helder sal skyn in Chili.


17 September 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org