Deur CfaN
Bron: Artikel Verskaf

Ibadan, Nigerië | 11-14 November 2021

Voor die veldtog …
Christ for all Nations het onlangs ’n vlagskip-Evangelieveldtog in Ibadan, Nigerië, gehou. Drie weke voor die veldtog het CfaN se nuutste groep Evangelism Bootcamp-studente aangekom. Deur die meer as 1 800 uitreike (Gospel Truck-uitreike, kinderveldtogte en uitreike in dorpe) wat hulle voor die groot veldtog gedoen het, is byna ’n kwartmiljoen mense gered. En toe volg die veldtog, wat die eerste massiewe CfaN-veltog was sedert die pandemie begin het. Evangelis Daniel Kolenda doen verslag oor elke aand:

DIE EERSTE AAND
Wat ’n vreugde was dit om ná amper twee jaar weer terug te wees in Nigerië! Die Nigeriërs se honger vir God en hulle geloof inspireer my. Toe ons die eerste aand by die terrein aankom, was ons verstom. Die veld was massief en so ook die skare. Ons het baie wonderwerke gesien toe ek vir die siekes gebid het:
• ’n Ouer vrou wat totaal blind was, kan nou sien.
• ’n Jongman wat van geboorte af kromgetrek was, het vir die eerste keer regop gestaan! Hy het niks meer pyn gehad nie en sy postuur is nou perfek.
• ’n Vrou wat gedeeltelik doof was in haar regteroor, is genees.
• ’n Vrou wat tien jaar lank aan ernstige artritis gely het, is heeltemal genees en het nie meer pyn nie. Ons het saam op die platform gedans!

Meer as 145 000 mense (ons telling) het die byeenkoms op die eerste aand bygewoon. Dit is regtig uitstekend, veral as in ag geneem word dat dit die eerste diens was en te midde van ’n reënstorm plaasgevind het.

DIE TWEEDE AAND
Die nuus oor wat Jesus gedoen het, het oral in Ibadan versprei. Die hele dorp het gegons daaroor. Die skare was aansienlik groter op die tweede aand en die afwagting en geloof in die skare was tasbaar. Jy kon ’n speld hoor val terwyl ek die Evangelie verkondig het. Die skare het die Woord van God ingedrink. Toe ek hulle uitnooi om op die boodskap te reageer het hulle die Koninkryk van God binnegestorm. Wat ’n vreugde om in die seisoen van die oes ’n verkondiger van die Goeie Nuus te wees!

DIE DERDE AAND
Op die derde aand kon ’n mens die skare se energie aanvoel. Eddie James, die Nations-kerk se direkteur van aanbidding en die Nations-aanbiddingspan het die reuseskare in ’n kragtige tyd van aanbidding gelei. Ek het oor die krag in die Bloed van Jesus gepreek. Ons het vooraf ’n lys van bekende plaaslike vloeke ontvang, ek het hulle een vir een by die naam (in die plaaslike taal) uitgeroep en hulle mag in die Naam van Jesus verbreek. Ons het toorgoed (soos afgode, amulette, dolosse, toorklippe en ander juju) in groot metaaldromme verbrand (lees Handelinge 19:19). Hierna het ek gebid dat die Heilige Gees oor die skare uitgestort word. Dit was ’n massadoping in die Gees en duisende bekeerlinge is met die Gees gevul.

Aan die einde het ek vir die siekes gebid en het baie wonderwerke gebeur. Hier is net ’n paar van die wonderlike getuienisse:
• Die eerste getuienis is dié van my tolk se vrou wat van pynlike maagsere genees is!
• ’n Vrou se pynlike gewas (wat haar tien jaar lank laat ly het) het skielik verdwyn.
• ’n Vrou wat vyf jaar lank aan borskanker gely het, is genees.

DIE VIERDE AAND
Meer as 1,2 miljoen mense het die vier dae van byeenkomste bygewoon en hoewel die kaartjies wat nuwe bekeerlinge ingevul het, nog verwerk word, is ek seker dat gedokumenteerde besluite vir Christus in die honderdduisende sal wees. Talle invloedryke leiers in die kerk en regering van Nigerië het die finale byeenkoms bygewoon, insluitend die Oyo-staat se goewerneur en sy vrou. Die skare was reusagtig – iets ongehoord sedert die pandemie begin het.
Ek het die Evangelie nog een keer met my hele hart verkondig en ’n menigte het hulle na die oop arms van Jesus gehaas. Ons het vir die siekes gebid en God het kragtig beweeg. Een noemenswaardige wonderwerk het met ’n militêre man gebeur wat dertig jaar gelede in ’n motorfietsongeluk was. Sy skedel was as gevolg van die ongeluk ingeduik (die littekens was duidelik sigbaar) en daar was ’n metaalpen in sy been wat dit vir hom moeilik gemaak het om te loop. ’n Paar dae voor die veldtog het hy in ’n sloot geval en is erg beseer. Maar Jesus het hom tydens die veldtog bonatuurlik volkome genees. Hy het gesê hy kon nie meer die pen in sy been voel nie. Hy was pynvry en kon sonder moeite loop. Hy het selfs op die platform op en af ​​begin spring. Hierdie taai man het gehuil van blydskap terwyl hy God vir sy genesing bedank.

Die Fire Conference – die grootste ooit!
CfaN het in Ibadan, met die derde byeenkoms, geskiedenis gemaak. Dit was die groot afsluiting van ons Fire Conference. Hierdie konferensies is slegs vir geregistreerde afgevaardigdes – hoofsaaklik pastore, biskoppe en die kerkleierskap. Daardie oggend het meer as 150 000 afgevaardigdes dit bygewoon, wat dit die grootste Fire Conference in die geskiedenis gemaak het! Peter Vandenberg (CfaN se visepresident), John Darku (die veldtogdirekteur van Wes-Afrika), Levi Lutz (CfaN se Bootcamp-direkteur) en Daniel Kolenda was die predikers, maar die bedieningspan het ook bestaan ​​uit meer as 100 van CfaN se Bootcamp-studente, -gegradueerdes en -afrigters. In die laaste sessie het hulle almal deur die massiewe skare beweeg en elkeen vir honderde of selfs duisende afgevaardigdes hande opgelê. Dit was lewensveranderend – ’n bemagtiging deur die Heilige Gees vir diens aan Jesus.

Teken in op CfaN se nuusbriewe, Bybelstudies en verslae!
Kontak: info@cfan.org.za


13 Januarie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org