-deur Evangelical Focus

Bron: evangelicalfocus.com

24 Junie 2020

Spanje geniet godsdiensvryheid, maar die jaarverslag van die Observatory for Religious and Conscience Freedom (OLRC) verklaar dat hierdie reg jaarliks deur individue, groepe of instellings aangeval word.

Die OLRC is ’n nie-regeringsvereniging. Dit het daarop gewys dat “80% van die sake teen godsdiensvryheid in ons land teen Christene gerig is”.

Toename in gewelddadige aanvalle
Hoewel die aantal gevalle in vergeleke met 2018 afgeneem het, waarsku OLRC teen die toename van gewelddadige aanvalle.

“Gevalle van geweld teen gelowiges het toegeneem (van een geval in 2018 tot drie in 2019 – almal teen Rooms-Katolieke). Daar was ook ’n toename in aanvalle op plekke van aanbidding (van 53 tot 55, die meeste het tempels of Christelike simbole geteiken),” lui die verslag.

Die aantal kere wat plekke van aanbidding in Spanje geteiken is (2014-2019) / OLRC-verslag

Radikale sekularisme

María García, die president van die OLRC, meen die aanvalle word deur individue of groepe gedoen wat “’n radikale sekularisme wil afdwing en probeer om enige vorm van geloof uit die openbaar te verwyder”.

“Aangesien Spanje ’n land met Christelike wortels is, is dit hierdie godsdiens wat die meeste geteiken word. ’n Vasberade minderheid en sommige politici wil hierdie erfenis uitskakel. Hulle doen alles in hulle vermoë om te voorkom dat die gelowiges van hierdie godsdiens hul geloof sigbaar, in die openbaar, uitleef,” verduidelik García.

“Die data van ander lande se verslae toon dat dit ook ’n neiging in die res van Europa is.”

Politieke partye en godsdiensvryheid

Die verslag kom tot die gevolgtrekking dat die linkse politieke party, Podemos, “die mees aggressiewe party teen godsdiensvryheid is.

Die party was aandadig in 19 van die voorvalle wat in die verslag ondersoek is. Die kommunistiese party, Izquierda Unida, en die sosiaal-demokratiese party, PSOE, volg kort op Podemos se hakke met 14 voorvalle elk.”

Respekteer godsdiensvryheid

Die OLRC versoek politieke partye “om individue, asook die gemeenskap, se reg op godsdiensvryheid te respekteer.”

“’n Sekulêre staat beteken nie dat alle godsdienstige simbole verwyder moet word en dat burgers nie hul godsdiens in die openbaar mag beoefen nie,” het die OLRC beklemtoon.

Die OLRC het ook ’n beroep op die owerhede gedoen om “godsdiensvryheid te respekteer en maatreëls in te stel om die aantal aanvalle op plekke van aanbidding te verminder. Daar is ook versoek dat diegene wat die aanvalle doen, vervolg moet word.”


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.