-deur Evangelical Focus

Byskrif: Die Britse premier, Boris Johnson, tydens sy Kersboodskap. / Youtube.

Bron: evangelicalfocus.com

10 Januarie 2020

Die Britse premier, Boris Johnson, het onlangs tydens sy Kersboodskap daarop gewys dat “Kersfees in die eerste plek ’n viering van die geboorte van Jesus Christus is”.

“Vandag van alle dae wil ek hê ons moet dink aan die Christene wat oral die wêreld vervolg word. Hulle moes Kersdag privaat, in die geheim vier, miskien selfs in ’n sel in die gevangenis,” het hy bygevoeg.

Johnson het gesê: “As premier is dit iets wat ek wil verander. Ons skaar ons in solidariteit saam met alle Christene en verdedig hulle reg om hulle geloof te beoefen.”

Vroeër verlede jaar het hy reeds belowe om die aanbevelings van die ministerie van buitelandse sake se verslag oor die vervolging van Christene oor die hele wêreld te implementeer.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.