-deur Ignacio Arsuaga (president van CitizenGO)

Bron: CitizenGO

9 Oktober 2019

Ons dapper direkteur van veldtogte vir die Verenigde Koninkryk en Ierland, Caroline Farrow, staar tans die bedreiging van gevangenis in die gesig, omdat sy durf waag het om die biologiese waarheid betreffende mans en vroue te verklaar.

Op 15 Oktober sal sy voor ’n regter verskyn en die transgenderaktivis in die oë kyk wat haar en haar gesin al maande lank teister en daarop aandring dat Caroline tienduisende Britse pond aan hom (haar?) moet betaal en gevangenisstraf moet uitdien.

Ek vra ALLE CitizenGO-ers wêreldwyd om in die komende weke saam met ons dapper ma van vyf te staan; en te help om hierdie misbruik van die wet te stuit:

Eerstens vra ek dat jy ’n petisie aan die prokureur-generaal, mnr. Cox, sal onderteken en hom versoek om na die feite en die wet te kyk en nie na die histerie van die radikale LGBTI-aktiviste te luister nie.

Dan vra ek dat jy sal bid vir ons CitizenGO-leier, haar man en kinders . Bid vir krag, moed en wysheid … en vir guns voor die regter.

Die sage het in Maart vanjaar begin toe Caroline deur haar plaaslike polisie ondersoek is nadat sy die operasie wat ’n 16-jarige seun ondergaan het om van geslag te verander, as “kastrasie”, “verminking” en “kindermishandeling” beskryf het.

Caroline het die besluit van Susie Green, die leier van ‘n radikale groep wat hulle beywer vir die regte van transgendermense in die Verenigde Koninkryk, gekritiseer omdat Green toegelaat het dat haar seun die operasie op sy sestiende verjaardag ondergaan. Mev. Green moes haar seun na Thailand neem omdat die operasie onwettig was in die Verenigde Koninkryk. As gevolg van die publisiteit, was die Thaise owerhede so geskok dat hulle die prosedure vir onder 18’s verbied het.

Caroline word sedertdien deur die aggressiewe pro-transgendergroep geteiken. Hulle doen alles in hul vermoë om haar en enigiemand anders wat hul verdraaide ideologie teenstaan, stil te maak.

Teken hier om prokureur-generaal Cox te versoek om Caroline nie skuldig te bevind omdat sy doodeenvoudig die waarheid oor transgenderisme and kinderregte verklaar het nie.

Nadat die polisie besluit het om die aanklagte teen Caroline te laat vaar, het ’n ander aggressiewe voorstander van transgenderisme, Stephanie Hayden, besluit om haar te teiken en ’n veldtog teen haar van stapel te stuur op verskeie sosiale media-platforms. Caroline het ’n groot hoeveelheid aggressiewe boodskappe begin ontvang, daar is ontelbare blogs oor haar geskryf wat gewelddadige en seksuele dreigemente bevat – wat ook haar gesin en jong kinders dreig.

Daar het ook tot agt keer per dag bodes met wegneemetes opgedaag wat nie deur die gesin bestel is nie [en wat dan betaling geëis het]. Sy het ook aanlyn bevestigings ontvang vir goedere wat sy nie bestel het nie en mense het selfs kwaadwillige aanlynboodskappe in haar naam geplaas wat uiteindelik daartoe gelei het dat die polisie haar gesin besoek het. Die aktiviste het die gesin se telefoonnommers en e-posadresse in die hande gekry en chaos veroorsaak.

Caroline het die boelies op sosiale media versoek om haar en haar gesin uit te los.

Stephanie Hayden het toe by Caroline se huis opgedaag om 0146n saak teen haar aanhangig te maak weens beweerde teistering.

Hulle wil Caroline in intimideer en stilmaak, en ook ander wys wat met dié gebeur wat hulle teen die genderideologie uitspreek. Ons (ek en al die CitizenGOers wêreldwyd) moet saamstaan en die agenda teen Caroline teenstaan.

Ondersteun asseblief Caroline (en haar gesin) deur hierdie petisie te onderteken.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.