Bron: harbingersdaily.com

Birthing people” (geboortegewende mense) – ’n genderneutrale frase wat deur die linkses geskep is, maar ook deur baie regses gebruik word – het in president Joe Biden se voorgestelde begroting vir 2022 opgeduik.

Die uitdrukking word as inklusief beskou onder die voorstanders daarvan. Hulle sê dat dit die transgender gemeenskap sowel as biologiese vroue insluit. Maar kritici meen dit ontken biologie en vervang verkeerdelik die eenvoudiger woorde en frases – soos “moeders” en “swanger vroue”.

Die uitdrukking was die onderwerp van ’n sosialemedia-debat in Mei, toe leiers van die Demokrate by verskeie geleenthede tydens ’n komiteeverhoor verwys het na birthing people.

Die frase is onlangs op ’n groter platform gebruik: in pres. Biden se voorgestelde begroting, toe dit gebruik is met verwysing na swanger vroue. Die frase is ingesluit in ’n afdeling oor hoë sterftesyfers van moeders in minderheidsgemeenskappe.

To help end this high rate of maternal mortality and race-based disparities in outcomes among birthing people – and in addition to the investment in maternal health included in the American Families Plan – the Budget includes more than $200 million,” het die voorgestelde begroting gelui.

Die dokument het nie die uitdrukking pregnant women of die woord pregnant ingesluit nie, hoewel dit wel pregnancy twee keer ingesluit het.

Rita Lowery Gitchell, van die Thomas More Society, het in ’n rubriek beweer dat die frase die werklikheid ontken.

“This is a name change suggestion to allow women who have taken surgical or psychological steps to deny their chromosomal female identity and to take on a male or binary or non-binary identity and not be referred to as ‘mother.’ If the ‘birthing people’ do not retain their uterus and the hormones needed for reproduction, gestation, and childbirth then they will not be ‘birthing people’,” het Gitchell geskryf. “A chromosomal male who takes surgical or psychological steps to identify as female, binary, or non-binary will not have the biological features of a ‘birthing person’. So not just anyone can be a mother or ‘birthing person’. The biological differences of men and women allow for the creation of life and for the person or being with the female chromosomes to bear life.”

Ken Ham het via Facebook hierop gereageer en die Biden-administrasie veroordeel. Die stigter van Answers In Genesis het verklaar dat die regering se dade alles deel is van ’n “anti-Bybelse wêreldbeskouingsrevolusie” wat besig is om “die regering en die land oor te neem”.

Haven’t I heard the phrase, “follow the science,” from this administration? Yet items like this show how anti-science they are, and so anti-Christian, anti-biblical, anti-logic, anti-truth, anti-life (so pro-abortion), and anti-family (destructive to the true family built on one man and one woman),” het Ham gesê.

Foto: Joe Biden. commons.wikimedia.org

11 Junie 2021

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.