Deur: Newsroom
Bron:  www.liveaction.org

President Joe Biden het Donderdag 28 Januarie 2021 ’n presidensiële memorandum onderteken wat die Trump-regering se reël omkeer. Volgens die Trump-regering se reël is alle federale befondsing van aborsiebesighede en -sentrums deur die Title X- gesinsbeplanningsprogam geblokkeer.

Die “Protect Life Rule” van 2018 het vereis dat aborsiebedrywe hulle gesinsbeplannings- en geboortebeperkingsdienste fiskaal en fisies van hulle aborsie verwante onderneming moet skei. Om die Title X-befondsing te ontvang, moes gesinsbeplanningsentrums ook die gebruik staak om pasiënte aan te moedig om aborsies te ondergaan en hulle na die instellings te verwys waar dit uitgevoer kan word.

Titel X lui: “Geen van die fondse wat onder hierdie titel bewillig word, mag in programme gebruik word waar aborsie ’n metode van gesinsbeplanning is nie.” Tydens die Trump-bewind het die departement van gesondheid gewerk om te verseker dat die reël behoorlik toegepas word.

Van 2013 tot 2015 het Planned Parenthood $1,5 miljard federale befondsing ontvang, insluitend $170 miljoen uit die Title X-program. Dié program was Planned Parenthood se tweede grootste bron van federale befondsing na Medicaid. Toe die Protect Life-reël in werking getree het, het Planned Parenthood verkies om federale befondsing van Title X te weier, eerder as om aan die voorskrifte te voldoen. Die gevolg was dat $33 miljoen van Title X-fondse beskikbaar gestel kon word aan ontvangers wat wel aan die voorskrifte voldoen het.

Die president van Planned Parenthood, Alexis McGill Johnson, het destyds gesê dat die aborsiereus sou “weier om voor die Trump-Pence-regering te buig” en het belowe dat sy deure oop sal bly. Maar die meerderheid van die mense wat Title X-dienste ontvang, kry dit in elk geval nie by Planned Parenthood nie.

Die Trump-administrasie het nie befondsing van die Title X-gesinsbeplanning gesny nie. Die program is ten volle met $400 miljoen befonds – ’n toename in vergelyking met vorige jare se befondsing.

Die Biden-administrasie laat toe dat die befondsing weer na aborsieverskaffers soos Planned Parenthood gaan. Dit dwing Amerikaners om nog meer belastingbetalersgeld aan die land se grootste aborsiebedryf te gee wat 40% van die aborsies in die land uitvoer.

Foto Joe Biden. Gage Skidmore / commons.wikimedia.org


18 Februarie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.