Bron: www.liveaction.org

Die Biden-administrasie het ’n eerste bydrae van $5 miljoen aan UNFPA- (United Nations Population Fund)-Supplies aangekondig. Die organisasie gebruik die skenkings om voorbehoedmiddels en swangerskapgesondheidsvoorrade te koop en te versprei – insluitend aborsie-induserende middels en toestelle. Hoewel die Amerikaanse regering deur die Helms-wysiging verbied word om aborsies oorsee direk te finansier, laat ’n skuiwergat die befondsing van organisasies soos die UNFPA toe.

Volgens die staatsdepartement het die adjunk-sekretaris, Wendy R. Sherman, teen die einde van verlede jaar met UNFPA Supplies se uitvoerende direkteur, dr. Natalia Kanem, vergader om onder meer die “bemagtiging van vroue en meisies, insluitend deur die bevordering van seksuele en reproduktiewe gesondheid en regte en geslagsgelykheid” te bespreek.

Saam met die verspreiding van die aborsiemiddels, misoprostol en mifepristone, versprei UNFPA ook ’n draagbare aborsietoestel (Manual vacuum aspirator). Misoprostol en mifepristone word saam as die aborsiepil gebruik om gevaarlike chemiese aborsies te veroorsaak.

Om vroue alleen huis toe te stuur met pille wat bedoel is om ‘n aborsie te veroorsaak, is baie gevaarlik. Risiko’s sluit in bloeding, onvolledige aborsie wat ’n tweede aborsie vereis, en die dood. Risiko’s van ’n aborsie met die aborsietoestel sluit in baarmoederperforasie, onvolledige aborsie, infeksie en bloedklonte.

“Sommige verenigings het gerapporteer dat hulle 100% afhanklik is van die miljoene dollars se voorbehoeding wat hulle van UNFPA Supplies ontvang, dit sluit in verenigings in Nepal, Kameroen, Ivoorkus, Mosambiek, Jemen en Suid-Soedan. Vir ander vorm skenkings van UNFPA ’n beduidende deel van hul begrotings, dit sluit in verenigings in Ethiopië, Ghana, Mali, Malawi, Nigerië en Soedan.

Lees die volledige berig by joynews.co.za

Foto: President Joe Biden en senator Kamala Harris. (Foto aangepas vanaf www.flickr.com/Adam Schultz)


9 Januarie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org