Bron: cip.nl

Terwyl die wêreld nog wag op die amptelike uitslae van die Amerikaanse presidentsverkiesing, het Biden sy planne vir die nabye toekoms bekend gemaak. Die eerste punt op die agenda is om baie van pres. Trump se pro-lewe-beslissing ongedaan te maak.

Biden sal pres. Trump se wette ten opsigte van aborsie omkeer – volgens Biden se gedokumenteerde politieke agenda. Die Christian Post het ’n uiteensetting gegee van die waarskynlike wenner van die verkiesing se planne.

Een van pres. Trump se verdrae wat Biden wil omkeer, is die Mexico City-beleid. Hierdie verdrag bepaal dat die regering nie finansiële steun mag verleen aan nie-regeringsorganisasies wat aborsie uitvoer of as ’n vorm van gesinsbeplanning voorstaan nie. Hy wil ook ingevolge die Wet op Bekostigbare Sorg (ACA) weer verpligte finansiering vir voorbehoeding instel.

Volgens Brian Burch van die organisasie vir Christelike regte, CatholicVote, sal Biden “Rooms-Katolieke godsdiensgroepe dwing om aborsiemiddele by hul sorgplanne in te sluit.” Onlangs het nonne van die Little Sisters of the Poor ’n regsgeding in Amerika gewen waarin hulle vrygespreek is van verpligting om voorbehoedmiddels te verskaf.

Ander Christelike organisasies en pro-lewe-bewegings is bekommerd oor die toekomstige president se planne.

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie


13 November 2020

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.