Deur Geopende Deure
Bron: opendoors.org.za

Teenwoordigheidsbediening is ʼn integrale deel van Geopende Deure se diens aan ons vervolgde familie in Christus. Hierdie deel van die organisasie se bediening stel hom in staat om by die vervolgde Kerk te staan te midde van hul swaarkry deur hulle daaraan te herinner dat hulle nie alleen is nie.

Geopende Deure doen dit deur fisiese ondersteuning, opleiding, mentorskap en besoeke.

Die COVID-19-pandemie maak dit egter moeilik om fisiek teenwoordig te wees in die lewens van ons vervolgde familie. In talle lande word Christene meer as tevore geïsoleer weens die pandemie. Omdat die grense in verskeie lande gesluit is, kan Geopende Deure hulle ook nie besoek om hulle te bemoedig nie. Om fisiek in hul lewens teenwoordig te wees is van kardinale belang, veral in so ʼn moeilike tyd reg oor die wêreld.

Een van Geopende Deure se vennote, suster Aniyah* van Bangladesj, sê: “Vervolgde gelowiges word dikwels geïsoleer, mishandel, verbaal mishandel en fisiek gemartel. Gevolglik is dié gelowiges dikwels baie eensaam, gefrustreerd en verloor hulle alle hoop. In so ʼn situasie het hulle die bemoediging, vertroosting en die sorgsaamheid van ander gelowiges nodig. Vervolgde gelowiges is baie gelukkig wanneer hulle bymekaar kan kom en die kameraadskap van broers en susters in Christus vanaf ander lande kan geniet. Hoewel hulle weet dat hul broers en susters in ander lande vir hulle bid, is dit oorweldigend wanneer hulle die geleentheid kry om hulle persoonlik te ontmoet. Daar word gesê: ‘Jou teenwoordigheid is duisend keer meer waardevol as jou woorde.’ Hierdie aanhaling is inderdaad baie waar vir ons broers en susters wat vervolg word, want dit verskaf ons groot vreugde wanneer ons broers en susters ons besoek. En hulle bemoediging vertroos ons en versterk ons intellektueel, emosioneel en geestelik. Dit laat ons besef dat ons nie alleen of vergete is nie, maar dat ons deel vorm van die Here se familie.”

Sluit in gebed by Geopende Deure aan vir sy teenwoordigheidsbediening:

  • Bid dat die uitdagings rakende die voortslepende COVID-19-reisbeperkings binnekort oorkom sal word sodat Geopende Deure se vennote (beide in daardie land en ander gelowiges) in staat sal wees om vervolgde Christene te besoek.
  • Bid vir wysheid vir die vennote in verskeie lande, om te weet hoe om Christene in hierdie tyd te ondersteun.
  • Bid dat die Heilige Gees ʼn bron van vertroosting en krag sal wees vir die talle Christene wat geïsoleer is en alleen voel.
  • Bid en vra die Here of jy vanjaar by Geopende Deure se teenwoordigheidsbediening moet aansluit, deur saam te reis om ons vervolgde familie te besoek.

Dankie dat jy saambid!

Klik hier om meer uit te vind

*Name weens sekuriteitsredes verander


22 April 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.