Bron: Reformatorisch Dagblad

Volgens ’n berig van die Reformatorisch Dagblad en ander media was daar gister (Woensdag 8 September) vir die derde opeenvolgende dag protesoptogte in Afghanistan.

Hoewel die Taliban gepoog het om die optoggangers te intimideer wys foto’s op sosiale media hoe vroue in die hoofstad, Kaboel, teen die samestelling van die nuwe regering betoog.

“Betogers het slagspreuke gesing soos: ‘’n kabinet sonder vroue misluk’. Hulle het ook plakkate met opskrifte soos ‘werk, onderwys en vryheid’ vertoon. Die veiligheid van betogers word nie gewaarborg nie. Die Taliban het die afgelope dae protesoptogte onderdruk,” lui die berig van die Reformatorisch Dagblad.

Die Taliban se woordvoerder het sommige betogers daarvan beskuldig dat hulle uitlokkende slagspreuke gebruik het om onrus aan te hits.


9 September 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.