-deur Lourieke Haller

Bron: facebook.com

 1 Desember 2019

Die foto op die WhatsApp-gebedsgroep is van ’n boer wat met sy brandmaer skape by ’n vuur sit om hulle deur die nag warm te hou. Dit gryp my aan die hart.

Eerstens weens die verskriklike lyding wat soveel van ons boere (of soos in hierdie geval, die boere in Namibië) verduur. Dit is die mense wie se harde werk verseker dat daar kos op ons tafels kan wees. Wanneer ons daardie vleisie op die kole braai, dink min van ons aan die boere en wat baie van hulle tans beleef.

Die nood is hoog.

Stephanie Labuschagne van Kamanjab, in die noorde van Namibië se Kunene-streek, het op haar Facebook-blad die volgende gesê:

 Die werklikheid, dit breek absoluut my hart.

My ma het vanoggend hierdie [foto’s] vir my gestuur …

Uiteindelik ’n bietjie reën, maar ons skape is só, só, só swak weens hierdie droogte. My pa en my sussie het die hele nag in die kraal deurgebring en probeer om al die skape warm te hou … het ’n groot vuur gemaak en die skape geroteer. Tel dié op wat verkluim is en dra hulle na die vuur aan en sleep party ander, wat te naby lê, ’n bietjie verder weg. Hulle probeer hul bes om elke liewe een te red.

Die oggend het aangebreek en my pa-hulle het steeds amper 40 skape verloor.

Dit is die werklikheid, as die droogte hulle nie doodmaak nie, vrek hulle van die koue want die reën het uiteindelik gekom.

En vir dié wat sê boere is wreed omdat hulle jag, sou jy die hele koue nag deur diere aandra na die vuur toe, net om hulle te red? Boere is verreweg die mooiste mense wat ek nog ooit ontmoet het. Hulle liefde vir diere is astronomies. #proudfarmer

Moet nooit ophou bid nie, nooit ophou hoop nie

Dis amper oor …

Byskrif: Stephanie se pa by sy skape in die kraal

Tweedens is hierdie storie so aangrypend omdat dit so treffende beeld is van Jesus as ons Herder. Die boer se deernis en liefde vir sy kudde dien as ’n aardse voorbeeld van Christus se deernis vir Sy kudde:

“Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.” – Johannes 10:11

“Soos ’n herder versorg Hy sy kudde: die lammers maak Hy bymekaar in sy arms en Hy dra hulle teen sy bors, Hy sorg vir die lammerooie.” –Jesaja 40:11

As jy boere in nood wil help, maak gerus gebruik van Burre Burger. Hy sê op sy Facebook-blad: “Ondersteun eerder ’n boer met R50 as om dit op iets te bestee wat jy nie nodig het nie.

Bankbesonderhede:

DROUGHT RELIEF
FNB Tjekrekening: 62721858522
Verwysing: HOPE
Takkode: 250655 of 200406


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.