Deur Geopende Deure SA
Bron: Artikel verskaf

Jy kan ’n toeris op ’n lewensveranderende avontuur wees. Sluit in 2022 by Geopende Deure aan op ’n reis om vervolgde gelowiges te besoek. Is jy gereed om Jesus se hande en voete te wees? Nou is jou kans om deel van hierdie geleentheid te wees.

Monika, wat onlangs saam met Geopende Deure gereis het, deel haar getuienis: Ek het die voorreg gehad om saam met Geopende Deure te reis om my vervolgde Christen-familie in verskillende wêreldstreke verskeie kere te besoek.

Hoekom wil ek gaan?
Om saam met Geopende Deure te reis, is ’n unieke avontuur; jy is inderwaarheid ’n toeris op ’n geheime sending. Ons gaan as toeriste en doen al die toeristedinge – neem foto’s, doen inkopies en ervaar die plaaslike kultuur en kosse … maar agter die skerms het ons ’n ander missie – om ons familie in geloof te ontmoet, saam te eet, te bid, te huil, te lag en te leer; om saam kerk by te woon en dalk selfs nodige “Brood” saam met jou te vat. As jy die Heilige Gees toelaat, sal Hy die skille van jou oë laat afval sodat jy die waarheid sal sien van wat werklik in hierdie lande gebeur.

Sien die waarheid met jou eie oë
In my mees onlangse reis na, kom ons sê maar net na “’n Arabiese land bo in Afrika”, het ek iets anders ervaar. Vir die eerste keer het ek ’n kykie gekry van hoe dit is om ’n volgeling van Jesus te wees wat met vervolging moet saamleef. Op die oog af lyk dit asof daar werklik godsdiensvryheid is … daar is kerkgeboue, kloosters en privaat Christen-skole.

Maar agter hierdie vals front hoor jy van die stryd om permitte vir nuwe kerkgeboue te bekom en sien jy dat elke kerkingang met ’n metaalverklikker toegerus is. Wanneer iemand die kerkdiens met ’n rugsak binnestap, skrik jy jou yskoud omdat dit jou herinner aan die onlangse bomaanvalle op ’n kerk net ’n entjie verder aan in die straat. Of wanneer jy op ’n afgeleë pad na ’n geheime byeenkoms met ons Christen-familie ry en jy skielik omring word deur voertuie vol mans gewapen met AK47’s (wat toe net die weermag blyk te wees), onthou jy die bus vol Christene wat gekaap is en dat al die mans tereggestel is omdat hulle geweier het om hulle Verlosser te verloën. Maar die irrasionele vrees en paniek wat ek ervaar het, is die daaglikse werklikheid vir ons Christen-familie in die res van die wêreld. Ondanks dit alles, LEWE die vervolgde Kerk terwyl hulle hul oë op Jesus gevestig hou …

Is jy nie bang nie?
Soos een reisiger geantwoord het: “Nee, maar ek is wel bang dat ek sal terugkeer huis toe en vergeet of traak-my-nie-agtig word.” Dit is waarvoor ons moet bang wees: Dat ons so in ons lewens en die alledaagse stryd van beurtkrag, politiek en byhou by die nuutste giere vasgevang word dat ons van daardie deel van die Liggaam vergeet wat dit alles ter wille van die Kruis neerlê.

Dieselfde geloof, maar verskillende lewens
Ek is oortuig daarvan dat hulle kruis baie swaarder as myne is. Jy wil weet waarom ek soontoe gaan. Ja, vir die avontuur, maar ook om my familie te ontmoet sodat my oë kan oopgaan en ek nie meer dieselfde is wanneer ek terugkeer nie; dat my eie wandel met Jesus uitgedaag kan word en ek geestelik groei.

My vraag is dus: Hoekom gaan jý nie ook nie?
Basisreise vanaf Suid-Afrika in 2022:
• Egipte: 17-27 Junie
• Sentraal-Asië: 9-15 Julie
• Kenia: 10-15 September

Internasionale reise in 2022:
• Midde-Ooste: 1-7 Februarie
• China: 19-25 Julie
• Colombië: 8-17 Oktober
• Bangladesj: 2-7 November
• Colombië: 23 November tot 2 Desember

Vir meer inligting oor Geopende Deure se teenwoordigheidsbediening, besoek opendoors.org.za
of stuur ’n e-pos aan Sam by travel@opendoors.org.za


13 Januarie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org