-deur Sinéad Baker

8 Julie 2019

Britse owerhede het verlede Donderdag op ’n Iranse olietenkskip beslag gelê wat met ’n ompad van duisende kilometers óm Afrika, probeer het om ongesiens duisende ton ru-olie na Sirië te verskeep, berig businessinsider.com (amp.businessinsider.com)

’n Kaart wat die roete van die Grace 1-tanker aandui, wat volgens owerhede in Gibraltar op pad was na Sirië.Sea-Seek.com

Daar is in Gibraltar op die olietenkskip beslag gelê. Die owerhede het gesê die tenkskip, Grace 1, was met Iranse olie op pad na Sirië was in verontagsaming van sanksies van die Europese Unie. Volgens ’n inligtingsbron wat deur Reuters aangehaal is, kon dit ’n poging gewees het om die Suez-kanaal te vermy waar die kanse groter was dat die olietenkskip opgemerk sou word.

Volgens Reuters en Associated Press het die skip Iran verlaat en reg rondom Afrika gereis voordat dit by die westelike ingang van die Middellandse See gestop is. As dit Sirië bereik het, sou die reis sowat 14 000 myl (± 22 000 km) gewees het, volgens Sea Distances. Dit is baie korter om via die Suez Kanaal in Egipte te vaar.

Die Europese Unie het sedert 2011 ’n verbod op die verskeping van olie na Sirië as deel van sanksies oor pres. Bashar Assad, van Sirië se beweerde hantering van sy land se burgerlikes.

Iran sê daar is onwettig op sy olietenkskip beslag gelê en het die Britse ambassadeur ontbied. Die Britse regering en Amerika het Gibraltar vir sy optrede geloof.

Foto: Die Grace 1, ’n olietenkskip aan die kus van Gibraltar Foto: Marcos Moreno


Bron: amp.businessinsider.com

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.