-deur Patrick Goede

10 Julie 2019

Israel Folau is onlangs deur die Australiese Rugbyunie ontslaan nadat hy op Instagram Bybeltekste geparafraseer en gewaarsku het dat sondaars hel toe sal gaan as hulle nie berou het nie.

“As Israel bloot ’n fotokopie van die Bybeltekste gemaak het wat hy geparafraseer het, sou hy nog steeds ontslaan word?” wou die voorsitter van die verhoor by Raelene Castle, van die Australiese rugbyvereniging weet.

“Ja, ons sou hom steeds ontslaan het,” het Castle geantwoord. Miranda Devine van The West Australian het hierdie gesprek in die hande gekry.

Vir ’n geruime tyd is daar gedink as Folau nie die woorde “waarsku” en “hel” by sy boodskap op sosiale media ingesluit het nie, sou hy steeds in die span gewees het. Dit blyk egter nie die geval te wees nie. Dit gaan dus oor die inhoud van die toepaslike Bybeltekste.

Die voormalige premier van Australië, Barnaby Joyce, het ook kommentaar gelewer. Hy vind Israel Folau se Instagram-boodskappe “ontsettend stompsinnig”. Hy erken egter: “Folau het volle reg om dom uitlatings te maak. Ons kan nie goedsmoeds almal ontslaan wat iets idioties op sosiale media kwytraak nie,” het Barnaby Joyce gesê.


Bron: cip.nl

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.