Deur: Jeff Thompson/Organic Prepper
Bron: van die artikel: www.prophecynewswatch.com

In Australië is daar ’n paar drakoniese maatreëls ingestel in die naam van openbare gesondheid.

Die nuutste Orwelliaanse verwikkeling is ’n slimfoontoep wat gesigsherkenning en geografiese ligging gebruik wat die owerhede help om te monitor of daar voldoen word aan die verpligte isolasievereistes van die staat.

Die staat kan met hierdie toep ter enige tyd SMS’e aan individue stuur waarna die individue 15 minute het om te reageer met ’n foto van hulself met liggingsdata om te bewys dat hulle kwarantynopdragte volg.

As die data af is of as hulle nie betyds reageer nie, ontvang hulle ’n besoek van die polisie.

Maar die volgende stap het die Rubicon oorgesteek na ’n heeltemal nuwe gebied – een waarin owerhede wettiglik op ’n burger se sosialemedia-rekening kan ingaan en dít wat gedeel is, verander.

Die wetsontwerpe wat nou deur die Australiese parlement aanvaar word, is verbysterend […]

Nog meer kommerwekkend is of Australië maar net die proefkonyn is vir wat binnekort na die res van die wêreld op pad is?

Onlangs is ’n swanger vrou in Australië in haar huis voor haar getraumatiseerde kinders in hegtenis geneem – bloot omdat sy probeer het om via Facebook ’n protesoptog teen inperkings en vir vryheid te organiseer. Sy is as ’n bedreiging vir openbare veiligheid beskou en ’n uur voor haar sonarskandering van die baba in boeie uit haar huis gesleep (KYK HIER NA DIE VOORVAL)

Hoe ver sal dit gaan?

Nou kan die polisie in Australië maklik toegang tot een van die landsburgers se Facebook-plasings verkry en  VERANDER WAT GESÊ IS […]

Die owerheid is bereid en in staat om in die middel van die nag iemand se deur oop te breek en hulle voor hul skreeuende kinders weg te sleep. Sou jy sê dat daar hoop op geregtigheid is?

’n Mens kan nie anders as om die parallelle te sien tussen die hedendaagse Australië en ander regerings wat dieselfde gedoen het nie. Die ervarings van Alexander Solzhenitsyn, sowel as die van Anne Frank, kom by ’n mens op.

Australië is ’n waarskuwing oor wat gebeur wanneer toegelaat word dat vryheid sterf.

Wat gebeur met jou reg om:

  • petisies aan die regering voor te lê om klagtes reg te stel?
  • jou eie vuurwapen te hê?
  • tot privaatheid?
  • jou huis te verlaat?
  • om vrye spraak te geniet?
  • te aanbid soos jy wil?
  • saam met ander mense byeen te kom?

Die Australiese bevolking word van al hierdie regte ontneem deur die federale polisiemag.

Lees die volledige berig by joynews.co.za


14 September

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.