-deur EO | Reformatoriese Dagblad

13 Februarie 2019

Asia Bibi is na ’n nuwe geheime plek in Pakistan geneem vir haar eie veiligheid, maar sy mag steeds nie die land verlaat nie, berig EO en die Reformatorisch Dagblad op grond van buitelandse nuusberigte.

Bibi is op 31 Oktober 2018 vrygespreek deur die hoë hof wat haar doodstraf omgekeer het. Verlede week het die hoë hof beslis oor die versoek om hierdie vryspraak te hersien. Radikale Moslem-groepe het die versoek kort ná Bibi vrygespreek is, ingedien. In Januarie het die hoë hof beslis dat sy vrygespreek is.

Aman Ullah, ’n vriend van Bibi, het verlede Vrydag telefonies kontak gehad met Bibi. Die menseregte-aktivis het gesê dat Bibi “bang en gefrustreerd” is. “Maar bowenal voel sy onseker omdat sy geen idee het wanneer sy Pakistan uiteindelik sal kan verlaat nie.”

Sy wil graag na Kanada toe gaan, waar haar dogters asiel ontvang het. Bibi word saam met haar man in ’n kamer van ’n huis naby Karachi aangehou. Die deur van haar kamer word slegs oopgemaak om vir hulle kos te bring.


Bron: https://cip.nl/71988-asia-bibi-mag-pakistan-nog-steeds-niet-verlaten

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.