Deur: Donnelly McCleland
Bron: incontextinternational.org

Irannese het op Maandag 19 September hulle steeds tot die strate van die hoofstad Tehran en elders in die land gewend uit protes teen die dood van ’n jong Koerdiese vrou.

Mahsa Amini is ná haar inhegtenisneming, weens ’n oortreding van die land se konserwatiewe voorskrifte vir kleredrag, oorlede. Daar was teenstrydige berigte oor die oorsaak van haar dood. Die polisiehoof van Tehran, Hossein Rahimi, hou vol dat enige bewerings oor mishandeling, vals is. Volgens ooggetuies en video’s van die arrestasie, asook die weergawe wat deur familielede bekend gemaak is, sien die prentjie egter heeltemal anders daarna uit.

In Iran is die hijab verpligtend sedert die Islamitiese Revolusie in 1979. Mahsa se dood het woede en ontevredenheid ontketen. Joernaliste op voetsoolvlak berig dat sommige vroue hul hare afgesny en hul hijab verbrand het uit protes. By tientalle universiteite was daar groot protesoptredes en by ten minste een daarvan het die polisie op betogers geskiet. Daar is talle onbevestigde berigte van sterfgevalle onder die betogers. Verskeie gerespekteerde Iranse nuusdienste het berig dat kolonel Ahmed Mirzaei, die hoof van die “morele sekuriteitspolisie” van die groter Tehran, se diens opgeskort is na die dood van Mahsa Amini, maar die polisie in Tehran ontken dat sy diens opgeskort of dat hy afgedank is.

Iranse staatsmedia berig dat president Ebrahim Raisi, wat sedert sy verkiesing verlede jaar die afdwing van die wet oor hoofbedekkings verskerp het, Sondag per telefoon met Amini se familie gepraat het. Hy het glo volgens berigte gesê: “Julle dogter is soos my eie dogter en dit is asof hierdie voorval met een van my geliefdes gebeur het. Aanvaar asseblief my opregte medelye.”

Ontleders meen hierdie jongste betogings kan problematies wees vir Iran se kernkragooreenkoms-onderhandelinge. Dit lyk asof dit persepsies van ’n onderdrukkende samelewing bevestig en plaas ’n vraagteken oor Iran se standpunt dat sy kernambisies slegs vir huishoudelike energievoorsiening is, eerder as vir die ontwikkeling van wapens. Raisi het gehoop om deur sy toespraak by die algemene vergadering van die VN op Dinsdag 20 September, die kernonderhandelinge met die Weste te laat herleef.

Vanuit ’n Christelike perspektief

In onlangse jare was daar talle voorvalle van protes weens verskeie kwessies, soos die stygende lewenskoste, armoede, lae lone, en Islamitiese onderdrukking. ’n Bron binne die Iranse Kerk gee te kenne dat hierdie voorval die vrug is van die leerstelling van die Islamitiese regime wat mense moeg gemaak het vir Islam en oop vir die waarheid van die evangelie. Hy het verder gesê: “Baie mense is emosioneel verwond en die huidige gebeure is ’n reaksie op hierdie pyn  en onreg.” Hy sê voorts: “Ek is oortuig dat die Here Sy Koninkryk in Iran sal uitbrei deur die leierskap van vroue; miskien besef die vyand dit.”

Ons het herhaaldelik gedurende tye van onrus en krisisse gesien dat mense meer ontvanklik is vir die Evangelie. Dit is ook belangrik om ons Iranse broers en susters te onthou wat gevange geneem en dikwels mishandel word weens hul geloof. Hulle haal dalk nie die hoofopskrifte soos Mahsa nie, maar dit is die alledaagse werklikheid vir baie Iranse gelowiges. Die Skrif leer ons: “Dink aan die gevangenes asof julle self ook gevangenes is” (Heb. 13:3). Wat ’n ongelooflike uitnodiging is dit nie aan die Liggaam van Christus om deel te wees van Sy plan om ons vervolgde familie te versterk nie! Mag meer en meer Irannese, namate hulle krisisse beleef, nader getrek word om na die waarheid te soek.

Bid asseblief saam met ons vir die volgende:

  • Bid dat die Here leiers sal oprig wat bereid is om verandering te weeg te bring binne die regering van Iran;
  • vir Mahsa se familie wat die verhoogde aandag op hulle moet hanteer, terwyl hulle rou oor die verlies van hul dogter; en
  • dat Irannese Christene sal voortgaan om moedig hul geloof met ander te deel ondanks die vervolging waarvoor hulle te staan kom

23 September 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org