Bron: gatewaynews.co.za

Angus Buchan moedig Christene in Suid-Afrika aan om die Speak Jesus-nasionale gebedsgeleentheid op Erfenisdag, 24 September, by te woon.

’n Reusagtige area naby die kruising van die N14 en R28 word vir die groot nasionale gebedsgeleentheid in Krugersdorp voorberei.

“Boere kom uit die Karoo, ’n musiekspan kom uit Kaapstad … dit is nie meer net ’n biddag vir Krugerdorp nie. Dit is ’n nasionale gebedsbyeenkoms,” het Buchan gesê. Die fokus sal 1 Johannes 4:4 wees: Hy wat in julle is, is groter as die duiwel, wat in die wêreld is.”

“Ons wil die mense se fokus van hul omstandighede wegneem en dit op die Een plaas wat wonders doen,” het Buchan in ’n onderhoud met Gateway News gesê. “En ons glo dat God ’n groot verlossing op daardie dag gaan doen. Ek is nie iemand wat demone onder elke bos soek nie, maar in hierdie spesifieke geval weet ek dat verlossing nodig is. Ek praat van verlossing van dinge soos depressie. Ek praat van angs, stres, alkoholisme, dwelmverslawing, prostitusie, werkloosheid en wanhopigheid. Ek glo die Here gaan ons bedien waar ons sit. Ek kan nie hande oplê nie – daar sal te veel mense wees. Maar God gaan dit doen … ons gaan aanbiddende toeskouers wees.”

Buchan het beklemtoon dat hy net soos almal God se ingryping nodig het. “Ek sit nie in ’n ivoortoring en sê ‘gaan julle ouens maar voort, ons sal vir julle bid” nie. Nee, ek is saam met julle in die loopgrawe. Ek is reg tussen die plaasmoorde. Ek is reg in die middel van die ekonomiese chaos – die hoë pryse van brandstof en kunsmis. Ek is daar. Ek is in die midde van die negatiwiteit … maar die fokus van die nasionale gebedsdag is: “But God!”

Daar sal geen toegangsfooie of kollekte wees nie, dit is ook nie nodig om te registreer nie. Die byeenkoms sal ook nie regstreeks uitgesaai word nie.

Die hekke sal om 07:00 oopmaak.

Meer inligting oor die dag, wat om saam te bring en oor vervoer- en verblyfopsies is beskikbaar op die Angus Buchan-app en aanlyn by angusbuchan.co.za


14 September 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org