Bron: instagram.com

23 Junie 2020

Die Christen-sanger en liedjieskrywer, Amy Grant, het op sosiale media aangekondig dat sy “wonderbaarlik herstel” het nadat sy op 3 Junie ’n opehartoperasie ondergaan het.

Aangebore hartkwaal
Grant het in Februarie op Twitter gesê dat dokters tydens ’n roetine ondersoek ontdek het dat sy aan ’n aangebore hartkwaal ly.

Nadat sy ’n reeks toetse ondergaan het, is bepaal dat Grant ’n operasie benodig. (Lees hier meer oor die diagnose joydigitalmag.com)

Dankbaar vir ondersteuning
Grant (59) het ná die operasie foto’s van haarself op Instagram gedeel. Sy het gesê dat sy gevoel het soos “iemand wat nie ’n atleet is nie en ingeskryf is vir ’n marathon”. Sy het haar familie, vriende en aanhangers vir hulle steun, en veral vir hulle gebede, bedank.

Die waarde van gebed
Sy het die volgende oor gebed gesê:

“… toe mense van die operasie hoor, het ek boodskappe begin ontvang: ‘Ek bid vir jou’ … ‘Ek bid vir jou.’ Mense saam met wie ek dekades gelede gewerk het, mense wat na my konserte gekom het of na my musiek luister, my werkfamilie, mense op sosiale media en my vriende en familie het almal vir my gebid. En nou, tien dae later wil ek net sê, van die oomblik dat ek hospitaal toe is, was dit regtig soos ’n marathonwedloop. Ek het gevoel ek staan gereed om weg te spring en toe dit tyd was vir die resies om te begin, was daar ’n massiewe Wes-Texas-wind van agter … dit het my aangehelp en deurgedruk. Selfs dinge waarvoor ek regtig bang was, het net soos ’n diep asemteug gevoel. Iets bonatuurliks ​​het my daardeur gedra. My herstel voel eerlikwaar soos ’n wonderwerk. En daarom wil ek elkeen bedank wat vir my gebid het. Gebed verander alles …” (via Instagram)

View this post on Instagram

Hi everybody…. I know there is so much going on in the world right now. This is a crazy, broken, yet beautiful time. And in the midst of all of that – in the midst of all of our awareness and becoming and learning to love and see each other – I’ve had this really unique experience of having an unanticipated open heart surgery. The only way I can explain my experience would be to ask you to imagine a non-runner who was signed up for a marathon. I didn’t want it, but I had to have it anyway and it was a week ago Wednesday. And as people heard about the surgery I started getting messages: “I’m praying for you” …“I’m praying for you”. People I worked with decades ago, people who have come to my concerts or listen to my music, my work family, people on social media, and my own friends and family all offered their prayers. And now, ten days later, I just want to say, from the moment I went to the hospital, if it really were a marathon race, I felt like I got into that runners block and as soon as it was time for the race to start there was this massive West Texas wind at my back.. just pushing me through. Even stuff I was really scared about felt like nothing more than just a deep breath and something supernatural pushed me through it. My recovery has honestly felt miraculous. And so I want to say thank you to each person who said a prayer for me. Prayer changes everything. Let’s keep those prayers going for our country and lets turn all the brokenness into love and seeing each other. I love you. Amy

A post shared by Amy Grant (@amygrantofficial) on


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.