Bron: christelijknieuws.nl

In reaksie op kritiek dat die evangelis en stigter van Behold Israel, Amir Tsarfati “die Evangelie verkoop om homself te verryk”, met verwysing na sy boeke wat te koop aangebied word, het hy die volgende gesê: “Laat ek eerstens net sê dat daar in die Christelike uitgewerswêreld baie min mense is wat ryk word. Daar is egter ’n baie goeie rede waarom ek so ‘n sterk klem op my boeke plaas. Dit is gereedskap om die Evangelie mee te verkondig.

“Kom ek gee vir jou ’n voorbeeld. Onlangs het Rick Yohn, die pastoor en onderwyser wat my bygestaan ​​het met die skryf van Revealing Revelation, ‘n man na sy huis laat kom om ‘n kwotasie te kry vir ‘n tuinwerk wat hy moes doen. As jy vir Rick ken, weet jy dat hy enige gesprek na Bybelse dinge kan lei en kort voor lank het hulle gesels oor hierdie nuwe boek waaraan hy deel gehad het. Die gesprek het geleidelik uitgebrei van Openbaring na Jesus Christus in die besonder. Voor jy jou oë kon uitvee, het die man ‘n bekeringsgebed gebid net daar in Rick se oprit. Prys die Here!” verduidelik Amir.

 

Materiaal vir gesprekke

Hy sê dat hy vol vertroue is dat daar ‘n oes van siele sal wees wanneer mense oor die Evangelie in sy boeke lees. Ander sal weer by Jesus uitkom as mense wat sy boeke lees, die onderwerpe bloot as aanknopingspunte vir gesprekke gebruik om oor verlossing deur Jesus se dood en opstanding te praat. “Ek wil in nederigheid en dankbaarheid die Here dank vir die geleentheid om hierdie boeke te gebruik sodat die Evangelie en Bybelse waarheid verkondig kan word,” sê hy.

“In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe.” – 1 Petrus 3:15

Lees meer hieroor by beholdisrael.org

Behold Israel is ’n oganisasie sonder winsbejag wat wêreldwyd intydse toegang bied tot betroubare bronne van nuus en inligting oor Israel vanuit die kragtige konteks van Bybelse geskiedenis en profesie.


17 Junie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org