-deur Chris Mitchell

Bron: cbn.com

8 Oktober 2019

President Donald Trump het Maandag sy besluit verdedig om die Amerikaanse troepe uit die noordooste van Sirië te onttrek. Die stap laat die Koerdiese vegters, wat saam met die Amerikaanse troepe teen ISIS geveg het, aan hulle eie lot oor en baan die weg vir Turkye om die land in te val.

“Die Koerde het saam met ons geveg, maar het enorme hoeveelhede geld en toerusting daarvoor ontvang. Hulle veg al tien jaar lank teen Turkye . . . maar die tyd het aangebreek dat ons uit hierdie eindelose oorloë tree . . . Dit is tyd om ons soldate huis toe te bring,” het pres. Trump getwiet.

“Ons sal veg waar dit tot ons voordeel strek en ons sal slegs veg om te wen. Turkye, Europa, Sirië, Iran, Irak, Rusland en die Koerde sal nou self die situasie moet uitwerk, en ook wat hulle met die ISIS-vegters wil doen wat hulle in hulle ‘buurt’ gevange neem.” Hulle almal haat ISIS en is jare lank al vyande. Ons is 7 000 myl weg en sal ISIS weer verpletter as hy enigsins naby ons kom!” het pres. Trump gesê.

Sy kommentaar kom enkele ure nadat Amerikaanse troepe van die grens in die noordooste van Sirië begin onttrek het.

Erdogan het gesê die aanslag op die noordooste van Sirië is op hande.

Pres. Trump se besluit verteenwoordig ’n groot verskuiwing in die Amerikaanse beleid en kan Christene en Koerde in Sirië in groot gevaar stel. ’n Turkse inval kan ook die magsbalans in die streek vererger en nie net ’n embrioniese demokrasie in die Midde-Ooste bedreig nie, maar ook die Joodse staat.

Sommige beskou die besluit van die Withuis verraad teen die Siriese Demokratiese Magte (SDF) wat sedert 2015 Amerika se grootste bondgenoot was in die stryd teen ISIS.

In ’n verklaring het die SDF gesê: “Hierdie Turkse militêre operasie in die noordelike en oostelike Sirië sal ’n beduidende negatiewe uitwerking op ons oorlog teen ISIS hê en sal alles vernietig wat die afgelope jare bereik is.”

Voormalige VN-ambassadeur Nikki Haley het ook Trump se besluit veroordeel.

“Ons moet altyd ons bondgenote se belange op die hart dra veral as ons verwag dat hulle dit ook vir ons moet doen. Die Koerde het ’n belangrike rol gespeel in ons suksesvolle stryd teen ISIS in Sirië. Dit is ’n groot fout om hulle te laat sterf. #TurkeyIsNotOurFriend,” het Haley Maandagoggend getwiet.

Hierdie besluit bedreig 100 000 Christene wat meestal langs die Turkse grens woon.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.