Bron: timesofisrael.com

 7 September 2019

Die Amerikaanse departement van verdediging het amptelik die kontrak onderteken om twee volledige Ysterkoepel-verdedigingstelsels van Israel aan te koop, berig Defense News.

Die ooreenkoms is in Februarie aangekondig. Israel en Amerika is tans in gesprek oor die oordrag van die stelsels na Amerika. “Noudat die kontrak onderteken is, sal die weermag die afleweringskedules en besonderhede rakende die ontvangs van die stelsels kan uitwerk,” berig Defense News.

Die Ysterkoepel-verdedigingstelsel se doel is om as ’n tussentydse missielverdedigingstelsel vir Amerika te wees, maar dit kan in ’n permanente oplossing verander, afhangende van hoe dit vaar.

Dit is as ’n historiese ooreenkoms beskryf omdat dit die eerste keer is dat Israel ’n selfstandige wapenstelsel aan Amerika verkoop het. Amerika het ook tipies wapens wat van beter gehalte is as ander lande s’n. Die Ysterkoepel, wat deur Rafael Advanced Defense Systems gebou en saam met die Amerikaanse firma, Raytheon, ontwikkel is, bied beskerming teen inkomende missiele deur hulle uit die lug te skiet.

Die eerste minister en die minister van verdediging, Benjamin Netanyahu, het gesê: “Dit is ’n groot prestasie vir Israel en net nog ’n voorbeeld van die stewige vennootskap wat Israel met Amerika het asook ’n weerspieëling van Israel se toenemende status in die wêreld.”


VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsluitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.