Deur dr. Arno van Niekerk
Bron: Artikel verskaf
greatawakeningsa.co.za

8 September 2019

Ons weet almal dat die land ekonomies en polities waarskynlik op sy donkerste oomblik in die geskiedenis is. En die probleme kan nog erger word. Maar soos die seuns van Issaskar wat ”die tekens van die tye verstaan het​​” (1 Kronieke 12:32), moet ons insien dat die vyand ons planne bevorder.

Hoe so?

  1. Die druk vanuit die gay gemeenskap op die kerk (bv. die NG Kerk en Metodiste Kerk) verenig dié wat by God se Woord hou.
  2. Die omvattende seksvoorligtingkurrikulum (CSE) wat die regering by skole wil instel, lei tot groter betrokkenheid van Christen-ouers by skoolsake en vorm ’n Christelike weerstand.
  3. Die landswye steun aan dr. Jacques de Vos veroorsaak dat miljoene Christene soos een man teen aborsie kapsie maak.
  4. Kwessies van nasionale belang soos die nasionale gesondheidsversekering, die Zondo-kommissie wat korrupsie blootlê, toenemende onrus in gemeenskappe, munisipaliteite, ens. is besig om Christene te mobiliseer sodat hulle meer betrokke raak. Ons rol is van die grootste belang om oplossings vir die land te vind.

Dus, as daar ooit ’n volmaakte “storm” vir God se kinders was om na vore te tree, is dit nou. Ons vat oor rasse- en denominasiegrense heen hande en staan saam. Dit bevorder God se plan vir sy Kerk in Suid-Afrika. STAP 1 (die aktivering op voetsoolvlak) tree dus in werking.

Die geheim is nou om na die Heilige Gees te luister oor hoe om meer georganiseerd te wees sodat ons ’n groter uitwerking kan hê. Dit is ’n organiese proses wat natuurlik moet ontwikkel, maar verg tog ook doelbewuste optrede van ons kant af. God is besig om ons in ’n mag te verander wat die goeie stryd van die geloof stry met wapens wat nie vleeslik is nie (2 Korintiërs 10: 4). Hy maak ons ​ bouers van die Koninkryk. Elke hindernis wat ons die hoof bied, leer ons hoe om beter te veg en te bou (Nehemia 4:17). Die Here wys ons wat ons moet doen, net soos Hy met die seuns van Issaskar gedoen het.


VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsluitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.