21 Augustus 2019

Die ACDP en ’n groep ouers het Saterdag in Pretoria voor die departement van basiese onderwys se kantore betoog oor die voorgestelde implementering van Omvattende Seksvoorligting (Comprehensive Sexuality Eduction – CSE) in die land se skole.

Volgens Nichelle Steyn se artikel op Gateway News (gatewaynews.co.za) het biskop Dalton Adams, ‘’n ACDP LP aan die groep voor hom gesê: “Not on our watch!” Hy het gesê die ACDP is sterk gekant teen die kurrikulum omdat dit teen die Christelike gesinswaardes indruis.

Hy het volgens die berig ook onder meer gesê: “Ons wil nie hê dat ons regering die aanbevelings van die Verenigde Nasies blindelings moet volg nie.”

Hier is ’n paar nuttige skakels om jou te help om in die beste belang van kinders op te tree te midde van ernstige kommer oor die regering se planne om die CSE-kurrikulum volgende jaar in te stel.

Die topleierskap van die ACDP, waaronder die president, eerw. Kenneth Meshoe, Ferlon Christians, leier van die ACDP in die Wes-Kaap en die ACDP se vise-president, Wayne Thring, het ook die optog bygewoon. Christians het die skare verseker dat die ACDP nie sal ophou totdat CSE geskrap is nie.

Gateway News het die volgende skakels verskaf wat ouers kan help om iets daadwerklik te doen oor die implementering van CSE in die Suid-Afrikaanse skoolkurrikulum.

csetalk.co.za/

(ʼn Webtuiste oor CSE in SA en hoe om betrokke te raak om dit te stop.)

citizengo.org

(Onderteken ‘n petisie teen CSE in SA skole.)

comprehensivesexualityeducation.org

(ʼn Informatiewe internasionale webtuiste wat daarop gemik is om CSE wêreldwyd te stop.)

Besoek: comprehensivesexualityeducation.org/ vir inligting oor die “STOP CSE”-veldtog.


Bron: gatewaynews.co.za

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.