-deur: ACDP

Artikelbron: Verskaf

 9 September 2019

“Die African Christian Democratic Party (ACDP) spreek sy innige meegevoel met die Mrwetyana-familie uit oor die wrede verkragting en moord op hul dogter, suster en vriendin, Uyinene Mrwetyana.

Dit is met diepe hartseer dat ons as ’n nasie soveel gewelddadigheid teen ons vroue en kinders moet verduur. Die regstelsel moet vinnig en beslissend optree teen dié wat hulle aan sulke gruwelike misdade skuldig maak.

Ons het die afgelope paar weke van die verkragting en / of moord op Jesse Hess, Leighandra Jegels, Janika Mallo, Lynette Volschenk en Meghan Cremer gehoor. Dit moet tot ’n einde kom. Ons kan nie toelaat dat geslagsgebaseerde geweld die norm in hierdie land word en dat oortreders nie gestraf word nie.

Die ACDP is voortdurend ’n voorstander van strenger vonnisse wat in ons regstelsel afgedwing moet word.

Ons verbind ons daartoe om:

  • ’n omvattende antimisdaadstrategie implementeer om te verseker dat misdadigers vinnig in hegtenis geneem, verhoor, skuldig bevind en gevonnis word;
  • weer gespesialiseerde polisie-eenhede instel en die opleiding van polisiebeamptes verbeter om te verseker dat ondersoeke tot suksesvolle vonnisoplegging lei;
  • die aantal gespesialiseerde howe vermeerder, soos die hof vir seksuele misdrywe, en dienste vir slagoffers van seksuele misdrywe, huishoudelike geweld en mensehandel, veral dié wat kwesbare vroue en kinders insluit.
  • verseker dat polisiekantore, forensiese laboratoriums en howe goed toegerus is en beman word met geskoolde en opgeleide personeel;
  • verseker dat swaarder minimumvonisse opgelê word vir ernstiger misdade;
  • die paroolstelsel hersien en geen borgtog toestaan vir moordenaars, verkragters, of misdadigers wat hulle skuldig gemaak het aan gewapende roof, mensehandel en motorkapings nie;
  • die doodstraf op te lê vir mense wat skuldig bevind is aan voorbedagte moord.

Dit is hoog tyd dat die reg in ons land vroue en kinders beskerm wat geskend en vermoor word teen ’n eksponensiële tempo.

Ons vra nou vir geregtigheid. Ons vra vir daadwerklike aksie.


VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsluitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.