Bron: christianconcern.com

22 Junie 2020

Amptelike statistiek wat verlede week uitgereik is, toon dat aborsies in Engeland en Wallis in 2019 op 207 384 te staan gekom het – die hoogste sedert aborsie in 1968 gewettig is.

Dit verteenwoordig ’n toename van 3,4% vanaf 2018.

Statistiek dui aan dat vroue meer as een keer aborsie ondergaan
Die getalle het skerp gestyg, veral onder vroue van 30 jaar en ouer. Die persentasie vroue wat reeds voorheen ’n aborsie ondergaan het, het tot 40% gestyg. Dit is ’n toename van 6% oor die afgelope tien jaar.

Meer aborsies vir geringe gestremdhede in ongebore babas
Die statistiek wat deur die departement van gesondheid en maatskaplike sorg uitgereik is, toon ook dat daar meer as 600 ongebore babas met Down-sindroom geaborteer is. Daar is 17 aborsies aangeteken vir kinders met ’n gesplete lip of ’n gesplete verhemelte.

Die statistiek toon dat daar altesaam 3 183 aborsies gedoen is op grond van gestremdhede. Dit is ’n styging van 53% oor die afgelope tien jaar.

Aborsie word makliker
Met die regering wat vanaf die einde van Maart “DIY”-tuisaborsies toelaat, is aborsie nog makliker gemaak. Die aborsiebedryf in Engeland het geskat dat ongeveer 44 000 vroue gedurende die eerste 13 weke van die inperking in die land, toegang tot tuisaborsies sou “benodig”.

Ses weke nadat die Pills by Post-skema begin het, het BPAS, Engeland se vernaamste aborsieverskaffer, gesê dat meer as 8 000 vroue die aborsiepille aangevra en ontvang het.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.