Bron: joynews.co.za

22 Oktober 2019

Die video van ’n woedende Christen-pa oor ’n kunsuitstalling by die Grantleigh Curro-skool in Kwazoeloe-Natal het vanoggend die rondtes in Suid-Afrika begin doen.

Die skool beweer dat dit Christelike waardes handhaaf, maar het nietemin ’n leerling se kunswerk uitgestal wat opgeskeurde bladsye uit die Bybel bevat, sataniese beeldhouwerke, perverse uitbeeldings van Jesus en herbewerkte weergawes van bekende Bybelse kunswerke met die McDonalds-nar daarin ten toon stel.

Die pa het gesê die kuns “kruisig Jesus weer”.

Die idee is ook nie werklik so oorspronklik nie omdat die Finse kunstenaar, Jani Leinonen, in Januarie vanjaar ’n kunswerk met die titel, “McJesus”, in die Haifa Museum uitgestal het. Die gekruisigde Ronald McDonald het toe ook tot groot omstredenheid gelei en betogings deur die land se Arabiese Christelike minderheid tot gevolg gehad.

(www.joydigitalmag.com/afrikaanse-nuus/arabiese-christene-protesteer-teen-mcjesus-kunswerk/ en www.joydigitalmag.com/afrikaanse-nuus/kunstenaar-vra-christene-om-verskoning-oor-mcjesus-kunswerk/)

Die museumdirekteur, Nissim Tal, het toe gesê dat daardie uitstalling se doelwit was om die aanbidding van kapitalisme te kritiseer.

Die bedryfshoof van die Curro-kollege, Juriana Filmalter, het sedertdien op Facebook gereageer.

Filmalter het gesê dat die kunsuitstalling nie oop was vir alle studente om te besigtig nie en dat die uitstalling ook ’n waarskuwing bevat het dat dit nie gefotografeer mag word nie, en dat die redenasie agter die kunswerk gelees moes word om die kunswerk “in perspektief te plaas”.

Daarbenewens sê Filmalter dat die student wat die kunswerke geskep het, ’n dux-leerder is en talle akademiese toekennings ontvang het.

Die storie ontwikkel nog verder. JUIG! het die skool gekontak en die skool het ’n amptelike verklaring uitgereik:

Grantleigh is net noord van Richardsbaai / Empangeni aan die Noordkus van KwaZoeloe-Natal geleë. Op hul Facebook-bladsy verklaar hulle met trots: “Die skool handhaaf ‘n Christelike etos.”

Op Grantleigh se webwerf verklaar hulle dat hul missie is “om Christelike waardes te handhaaf en te alle tye beginselvaste, sorgsame en verantwoordelike gedrag aan te moedig.”

Besoek hul webwerf hier: www.grantleigh.co.za

Of e-pos hulle om hier te reageer: andrew.n@curro.co.za


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.