Deur: Diana Rabie
Bron: Artikel verskaf

’n Inspirerende aanlyn-vrouekonferensie – Ester 2021 – vind op Saterdag 13 Februarie 2021 plaas.

Met hierdie konferensie hoop ds. Elza Meyer, die stigter en hoof uitvoerende beampte van Turn2God Bedieninge, om Afrikaanssprekende vroue van oor die wêreld hoop te gee en geestelik toe te rus vir die uitdagende nuwe seisoen waarin ons ons bevind.

Volgens ds. Meyer voel mense deesdae om verskeie redes onseker, onder andere as gevolg van die Covid-19-pandemie en die vele onstuimighede in ons land en wêreldwyd.

“Deur die loop van die geskiedenis het bepaalde omstandighede en gebeure daartoe gelei dat mense nuut moes nadink oor hulself en oor God. Tydens die Covid-19-pandemie in 2020 het die ganse wêreld tot stilstand gekom en het mense oraloor na God begin roep. Wat ook al die omstandighede is waarmee ons gekonfronteer word, iewers op ons lewenspad het ons nodig om te besef wie óns is en wie Gód is,” sê ds. Meyer.

Met hierdie Ester-konferensie kan vroue opnuut ontdek hoe God hulle toegerus en voorberei het om in oorwinning te leef. “Jy gaan agterkom dat die oorwinning in Hom en by Hom te vinde is en dat mens soms net ’n vars perspektief nodig het om daarin te opereer.”

Die vorige Ester-konferensies het op die eerste deel van Ester se lewe gefokus. Hierdie keer gaan ds. Meyer op die tweede deel van die boek fokus en onder andere uitwys hoe Ester die deurbraak wat die Here gegee het stap vir stap geïmplementeer het. “Jy kan ’n vars benadering verwag en ek vertrou dat jy ’n magtige deurbraak in jou eie lewe en in SA sal sien na die konferensie!,” sê ds. Meyer.

Kaartjies vir die konferensie is op www.itickets.co.za beskikbaar. Vir navrae, kontak Adri by 082 320 6434 of adri@turn2god.co.za.

Ds. Elza Meyer is veral bekend vir die Ester-konferensies en bedien weekliks op Radio Kansel, Kaapse Kansel en Radio Eden, ’n gemeenskapsradiostasie in die Wes-Kaap. Sy het so ver 16 publikasies die lig laat sien, skryf ook vir JUIG-tydskrif en bedien van tyd tot tyd op RSG en SABC 2.

Lees meer oor Turn2God Ministries by www.turn2god.co.za.


3 Februarie 2021

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.