Bron: cip.nl

22 Oktober 2019

Verlede Donderdagaand het die wêreldpremière van Daniel The Musical plaasgevind. Hierdie musikale uitvoering oor die lewe van hierdie Bybelse figuur is vir die eerste keer in Jerusalem opgevoer in die Jerusalem Teater.

Joe Niemand is die vervaardiger van die musiekblyspel en die Afrika-invloed is duidelik in die musiekblyspel te sien. Die eerste opvoering is entoesiasties deur die gehoor ontvang met ‘n staande ovasie. Die musiek toon veral dat die produksie uit Afrika is. Die verhaal van Daniel word op ‘n besonder indrukwekkende manier uitgebeeld, berig Israel Today.

Die produksie het 30 sangers, dansers en akteurs wat almal uit Afrika kom. Die musiekblyspel vertel die verhaal van Daniel soos ons dit uit die Bybel ken, maar met ‘n Afrika-smakie, wat sommige tonele wat selfs herinner aan The Lion King.

Die produksie het egter ’n terugslag beleef toe Andile Gumbi (36) wat die hoofrol vertolk het, skielik siek geword het en in ‘n kritieke toestand in die hospitaal beland het.

Die vertoning is tot stilstand gedwing, en alle optredes was opgeskort om op Gumbi te fokus, sy vrou na Israel te bring en gebedsondersteuning te mobiliseer.

Maar die vertoning het op 17 Oktober weer vervat met Gumbi steeds in ’n kritieke toestand in die intensiewe sorgeenheid van die Shaare Zedek Mediese Sentrum nadat hy ’n hartstilstand gehad het. Die Suid-Afrikaanse span het besluit om voort te gaan met die musiekblyspel en hul visie om “Israel in vriendskap te seën” te vervul asook om “ons geliefde Andile te eer”.

Joe Niemand, wat die musiek geskryf het, vertolk die rol van die ouer Daniel en hanteer die regie, vir die vertoning. Hy het Gumbi se rol oorgeneem en die karakter van King Nebu vertolk, aangesien die unieke omstandighede in die produksie nooit voorsiening gemaak het vir ’n plaasvervanger vir die hoofrol nie.

Nog vyf optredes het gevolg met uiters goeie reaksie op die vertoning.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.