-deur evangelicalfocus.com

Foto: Evangeliese universiteitstudente van oral in Europa het op 27 Desember-1 Januarie in Karlsruhe, Duitsland, saamgekom. / Foto: Revive Europe

Artikelbron: evangelicalfocus.com

15 Januarie 2020

“God wil ’n vuur in ons aansteek en dit gebruik om hierdie vasteland aan die brand te steek,” het die direkteur van Revive Europe, Sarah Breuel, gesê tydens die openingsaand van die groot konferensie wat 3 000 universiteitstudente en gegradueerdes van 68 lande bymekaargebring het.

Vanaf 27 Desember tot 1 Januarie het deelnemers van 18-35 jaar en ’n groot aantal sprekers oor sending in Europa besin en hoe om ’n nuwe generasie met die Evangelie te bereik.

Aan die hand van die boek Handelinge het John Teter en Zeff Nikola gepraat oor hoe God die vroeë Kerk gebruik het en wat kan die Kerk hieruit kan leer om op die geestelike behoefte van Europa te reageer.

 John Teter in een van die uiteensetting oor Handelinge 1-5. / Foto: Revive Europe

“Die dissipels in die bovertrek was vol verwagting. Hulle het verwag dat God iets sou doen, maar hulle het geen idee gehad dat hulle op ’n persoon wag nie,” het Teter gesê.

“Herlewing is wat gebeur wanneer Jesus verhef word. As Hy vertrou en verkondig word,” – het Nikola bygevoeg.

Klein groepies en besprekings. / Foto: Revive Europe

Kleingroepies het gehelp om persoonlike gesprekke te voer oor die tema van die konferensie – van hoe om sendingweke op kampus te organiseer tot die ontleding van kulturele neigings.

’n Koninkryksvennootskap tussen bedienings

Die konferensie is deur IFES (International Fellowship of Evangelical Students) gereël – ’n genootskap van nasionale studentebewegings wat al vele jare lank evangelisasiekonferensies hou.

Die nuwe fokus van ‘Revive’ was om hande te vat met 30 ander Christen-organisasies wat dieselfde visie het om Europa te bereik. Onder hierdie groepe is ander studentebedieninge (Cru, Navigators, Students for Christ …), sendingagentskappe, jeuggroepe, evangelisasie- en apologetiese bedienings, media, ens.

Die Revive-span het alle studente na afloop van die konferensie aangemoedig om dít wat hulle geleer het, huis toe te neem. “Laat ons voortgaan om Hom vir herlewing in ons eie lewens te vra,” het hulle gesê.

‘Wees getuies van Jesus. (…) Ons bid dat vrymoedigheid en durf om te getuig die teken sal wees dat ons in Jesus se teenwoordigheid was [is], en dat ons herlewing in ons universiteite en in Europa nastreef.”

Vind meer uit oor Revive Europe op die konferensie se webtuiste


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.