-deur Wendy Griffith

 Bron: cbn.com

8 Januarie 2020

Musikante en politici verklaar 2020 die “Jaar van die Bybel”. Dit is ‘n jaarlange veldtog om ‘n wêreldwye viering van die Woord van God te bevorder.

Jesus het gesê, verkondig die Woord aan alle nasies en dan sal die einde kom. Danksy nuwe tegnologieë, gebeur dít wat vroeër na ’n bykans onmoontlike taak gelyk het nou al hoe vinniger – en dit sluit Bybelvertaling in.

Twintig of dertig jaar gelede moes Bybelvertalers afskeid neem van vriende en familie, soms vir jare lank, om oorsee te gaan woon. Vandag laat videoklets op Facebook of ander soortgelyke platforms, SMS-boodskappe en die internet sendelinge toe om vanuit hul huise in Amerika te werk en wêreldwyd met vertaalspanne in verbinding te tree.

Dr. John Chesnut van Wycliffe Bybelvertalers het aan CBN News gesê: “Wat vroeër jare der jare lank geneem het om te vermag – Dit kon byvoorbeeld 20 jaar, 30 jaar lank neem om ’n Nuwe Testament te vertaal – kan nou binne 6 tot 8 jaar gedoen word, wat redelik verstommend is.”

Chesnut sê die hedendaagse tegnologie stel die inheemse bevolking in staat om self ook aan die werk deel te neem, meer as in die verlede […]

Tog is daar steeds baie mense wat nie die Bybel in hul eie taal het nie.

Chesnut sê: “Jy sou dink dat ons in 2019 nou al naby aan die einde sou wees, maar daar is bykans 7 000 tale wêreldwyd en daar word geskat dat ongeveer 2 100 tale nog nie in enige vorm van Skrif in daardie tale het nie. Dit beteken dat ongeveer 170 miljoen mense volgens ons nog nie enige Skrif in hulle moedertaal het nie.”’

Chesnut sê God gebruik tegnologie om Sy Koninkryk uit te brei.

“En daarom wil ons voortgaan om ten volle van tegnologie gebruik te maak om te sien hoe God die vertalings bespoedig, hoe ons vertalings van hoër gehalte lewer en hoe ons God se Woord in al hierdie vorme kan verkondig, sodat mense Sy woord kan ken en dit kan lees.”

Vir die volledige artikel in Engels klik hier: (cbn.com)

 


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.