In die eerste paar jaar van ’n kind se lewe onthou ouers die belangrike mylpale. Die eerste woorde en treetjies word opgeteken en met liefde onthou. Om hierdie opwindende oomblikke met familie en vriende te deel, kan eindelose vreugde verskaf, maar dit vervaag namate ons ouer word. Later in die lewe word ’n geliefde se laaste woorde onthou en aangehaal. Hierdie laaste woorde word dikwels deel van die waardes en beginsels waarvolgens ons leef. Die meer as 30 dae in ’n COVID-saal in die hospitaal, het Joan Primo tot ’n diep besinning gebring.

Lewenslange liefde
Op 23 Desember verlede jaar sou Joan en die liefde van haar lewe (en pa van haar vier kinders) ’n liefdesverhaal van 60 jaar gevier het – een wat sy uitdagings gehad het, maar ook een met groei, vriendskap en toewyding. Deur die jare het hulle verhouding net verdiep.

’Ouvrou, is jy oukei?’
Twee weke voor hulle herdenking is Joan en Alfred egter in die hospitaal opgeneem. Simpatieke hospitaalpersoneel het gereël dat hulle langs mekaar in die saal kon lê. Joan onthou so helder hoe Alfred se sagte stem haar elke dag deurgaans vra: “Ouvrou, is jy oukei?” “Ja, Pappa, dankie,” sou haar antwoord wees. Terwyl hulle saam-saam met die virus geworstel het, was daar konstant die vraag wat met liefde en teerheid herhaal word: “Ouvrou, is jy oukei?” en dan die gerusstellende antwoord: “Ja, Pappa, dankie,” onbewus daarvan dat hy die een was wie se toestand stadig maar seker besig was om te versleg.

Kragtige laaste woorde
Toe hoor hulle dat hul seun, Kevin, wat ook hul predikant is, ook COVID het en in dieselfde hospitaal in ’n ander saal opgeneem is. Ma Primo, soos sy alom bekend was, het in die bed gelê en kortasemgebede vir haar man en haar seun gebid, in vertroue op God vir genesing vir almal wat in die hospitaal veg teen die virus. Sy onthou die oggend toe die dokter haar kom meedeel het dat dit glad nie goed gaan met Alfred nie; dat sy uurglas besig is om leeg te loop. Sy het die dokter gevra om met Kevin te gaan praat en die nuus met hom te deel. In hierdie stadium het sy nie meer haar man se vertroostende stem gehoor nie.

Die teenwoordigheid van God
Hoe het sy daarna gesmag om te hoor hoe hy haar nog net een keer vra hoe dit met haar gaan. Die diep, donker stilte was oorweldigend. Hulle het Alfred se liggaam agt dae voor hul 60ste huweliksherdenking weggeneem. ’n Vloedgolf van emosies het oor Joan gespoel. Die nuus het spoedig in die saal versprei en haar medepasiënte het aanbiddingsliedere begin sing en saam met haar gehuil. Die ervaring het haar diep ontroer. Die teenwoordigheid, die nabyheid van God het die hele saal gevul.

’n Gedenkteken vir diepe liefde
Kevin het goed herstel en was betyds om sy pa se oorskot te ruste te lê saam met ’n paar vriende en familie. Alfred se “Ouvrou” het ongelukkig hierdie belangrike oomblik gemis. Net meer as ’n maand later is sy uit die hospitaal ontslaan, al het sy steeds las gehad van haar longe. Weke lank het sy nie geweet wat sy voel nie. Niks het vir haar sin gemaak nie, maar God se teenwoordigheid was op ’n baie spesiale manier tasbaar. Die laaste sagte woorde van ’n liefde van 60 jaar, “Ouvrou, is jy oukei?” staan as ’n gedenkteken van ’n diep liefde, vriendskap en geloof in God.

SOPHIA ROMAN is ‘n pionier, visioenêr en lewenstransformasie-afrigter. Sophia en haar man, Theo, is pastore by die West Reach AOG Kerk in Mitchells Plain.


2 Desember 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org