Deur: pastoor Ron Kinnear

Ek is die afgelope 50 jaar by sending in Afrika betrokke en word in April 80, maar ek dien steeds die Here in sending. Ek kan getuig van soveel wonderwerke op die sendingveld. Oor die volgende paar uitgawes deel ek graag ’n paar van hulle met jou.

Tydens die vryheidstryd in Zimbabwe het die Here my gelei om my gesin van Suid-Afrika na Zimbabwe te verskuif terwyl wit Rhodesiërs juis die land verlaat het. Ek het dit in gehoorsaamheid gedoen om die leisels by ’n nuutgestigte Bybelkollege te gaan oorneem. Binne ’n jaar het ons die bestaande fasiliteite ontgroei. By die inwyding van die nuwe klaskamers het ons almal in die kapel vergader. Ek was besig om die gaste te verwelkom toe ’n vryheidsvegter inbars en woedend skree: “Wie gee die witman die reg om in die kerk te wees?” Hy het vorentoe gestorm om my te verwyder. Ek het my hand na hom opgelig en hom in die Naam van Jesus bestraf. Iets onsigbaar het hom so hard platgeslaan dat hy op sy rug beland het! Hy is opgehelp en uit die kerkgebou gelei – so sagmoedig soos ’n lam. Die Chinese skrywer, Watchman Nee, het The Normal Christian Life geskryf. Ek het spoedig besef dat die leefstyl waarna hy in sy boek verwys, ook ons nuwe normaal sou word.

Daar was byvoorbeeld pastoor Chigorimbo in Enkeldoorn (deesdae Chivhu) wat kerk toe gegaan het vir ’n biduur. Op pad het ’n groep vryheidsvegters hom gekonfronteer. Hulle was ontstoke omdat hy hulle aandklokreël oortree het. Hy het geantwoord dat hy ’n probleem het en hulle raad benodig. Hulle bevele was dat hy nie bidure mag hou nie, maar God se opdrag was dat hy moet. Hy het hulle gevra om hom raad te gee oor wie hy moet gehoorsaam. Die gevolg: Hy was die enigste leraar wat vrylik in daardie area kon werk! God was weer die wenner!

RON KINNEAR is die president van Africa Missions. Kontak hom by africams@mweb.co.za of besoek africamissions.org.za Hierdie is ’n uittreksel uit sy boek, Behind on points, wat binnekort beskikbaar sal wees.


28 April 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org