Deur: pastoor Ron Kinnear

“God cannot bless a nothing!” Hierdie woorde van wyle Buddy Annandale klink vandag nog in my ore. Jy moet ’n omgewing skep vir God se seën!

Ek het gesit en wag vir ’n eiendomsveiling om te begin. Ons het dringend groter fasiliteite benodig vir ’n Bybelkollege wat ons vir vlugtelinge in die middestad van Pretoria begin het. Ek het van ’n drieslaapkamerwoonstel gehoor wat opgeveil sou word. Dit sou ons doel goed dien, aangesien ons eerstejaar-, tweedejaar- en derdejaarstudente gehad het en dus drie klaskamers benodig het. Ek en Eric Nel het bloot na die veiling gegaan om te sien wat die koopprys sou wees. Op die ou end is die bod aan ons toegestaan! Op pad terug het Eric gejubel; ek het daarteenoor gedink: Ron, jy het dit al weer gedoen. Jy het jou hand oorspeel. Hoe gaan jy daarvoor betaal?

Die volgende dag het ons ’n vergadering gehad onder leiding van Jannie van der Merwe, die voorsitter van ons dagbestuur. Net voor hy die agenda aanvaar, het Eric gesê: “Ron, ons het vergeet om die woonstel op die agenda te plaas!” Die voorsitter het vraend na my gekyk. Ek het net gesê ek is nog nie gereed om die saak te bespreek nie, want ek het nie geweet waar ons die fondse vandaan sou kom nie en tweedens het ek Jannie gefrustreer. Al was ek baie geseënd dat hy, wat sakemanne gementor het, besig was om my goeie sakebeginsels te leer, het ek nie geweet hoe ’n mens vir geloof begroot nie. (Jannie het later erken dit is ook ’n alternatief.) ’n Paar dae later, net toe ons ons gereelde voorbidding begin, het die bank my gebel. Daar was ’n geldelike oorbetaling uit Amerika.

Nadat ons oor die wisselkoers ooreengekom het, het hulle die Suid-Afrikaanse rand-ekwivalent bereken. Die syfer het ooreengestem met die bedrag wat ons vir die woonstel geskuld het! Die woonstel was beslis op die agenda vir die volgende vergadering!

RON KINNEAR is die president van Africa Missions. Kontak hom by africams@mweb.co.za of besoek africamissions.org.za Hierdie is ’n uittreksel uit sy boek, Behind on points, wat binnekort beskikbaar sal wees.


9 Julie 2022

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

 

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org