Deur: pastoor Ron Kinnear

In die vorige uitgawe het ek geskryf oor die Chinese outeur, Watchman Nee, se The Normal Christian Life en dat die leefstyl waarna hy in sy boek verwys ons nuwe normaal sou word. Dit was in die 1980’s in die voormalige Rhodesië toe die spanning hoog geloop het weens die politieke situasie. Ek was aan die stuur van ’n Bybelkollege en ons moes daagliks binne hierdie spanning funksioneer.

Eendag, terwyl ek in die klaskamer besig was, het ons outomatiese geweervuur gehoor en bomme wat ontplof met ’n skermutseling tussen die vryheidsvegters en die veiligheidsmagte. Nie een dwaalkoeël het iemand op die kampus beseer nie! Een van my studente, Salatiel Gwanzura, is egter aangekeer en ’n paar skote is van ’n kortafstand op hom afgevuur. Nie een van die koeëls het hom getref nie! Dit was die tipe wonderwerke wat ons gedurende daardie tyd beleef het. Een van ons belang-rikste oorwinnings het gekom tydens ’n Christ for all Nations-veldtog saam met Reinhardt Bonnke.

Destyds het ZANU-PF, onder leiding van Robert Mugabe, en ZAPU, onder leiding van Joshua Nkomo, meegeding vir beheer oor die land. ZAPU het ’n basis gehad naby die plek waar ons die veldtog gehou het. Daar was verskeie voorvalle met ZAPU-vryheidsvegters wat die rus verstoor het. By een geleentheid het die evangelis die mense genooi om op die sportveld te vergader as hulle met die Heilige Gees gedoop wil word. Die vryheidsvegters het hulle kans gesien om die uitreik te ontwrig en het met die skare gemeng met die bedoeling om die klankstelsel te beskadig. Maar toe mense rond-om hulle die doping van die Heilige Gees ontvang, het die vryheidsvegters ook neergeslaan en bewusteloos bly lê tot lank nadat die diens geëindig het!

RON KINNEAR is die president van Africa Missions. Kontak hom by africams@mweb.co.za of besoek africamissions.org.za. Hierdie is ’n uittreksel uit sy boek, Behind on points, wat binnekort beskikbaar sal wees.


22 Mei 2022

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org