Konstantyn die Grote (280-337 n.C.) was een van Rome se magtigste en suksesvolste keisers. Hy was die eerste keiser wat verklaar het dat hy ’n Christen is. Hy is bekend vir sy ekonomiese, politieke en militêre prestasies asook sy godsdienstige hervormings. Konstantyn het ’n groot uitwerking op die Christelike geskiedenis gehad vanweë sy persoonlike geloof, godsdienstige politiek, die uitreiking van die Edik van Milaan en die sameroeping van die Raad van Nicea. Middeleeuse skrywers het hom as die ideale heerser voorgehou – die maatstaf waarteen alle ander konings gemeet is.

Sy toegewydheid word bevraagteken
Met verloop van tyd is sy bewind al hoe minder lof toegeswaai. Historici het ook begin bevraagteken hoe toegewyd Konstantyn werklik aan die Christendom was en hoe toegewyd hy dit regtig beoefen het.

Oorwinning bo alle verwagting
Konstantyn was die seun van ’n Romeinse beampte en sy Christen-byvrou. Dit het hom ’n moontlike troonopvolger vir die Wes-Romeinse Ryk gemaak. Hy het hom as 31-jarige voorberei om sy grootste teenstander, wat ’n leër met ’n oormag van vier tot een gehad het, aan te val.

Konstantyn het beweer dat Jesus voor die geveg in ’n visioen aan hom verskyn het. Hy het vir Konstantyn ’n spesifieke simbool gewys en glo gesê: “Oorwin, met hierdie teken.” Konstantyn het sy troepe beveel om hul skilde met hierdie simbool te merk – die Chi-Rho – ’n simbool wat destyds die Christendom verteenwoordig het. Die Chi-Rho kombineer die eerste twee letters van die Griekse woord vir “Christus” en lyk soos ’n hoofletter P, gekombineer met ’n X. Konstantyn se magte het die vyand oortuigend verslaan en hy het die keiser geword. Die Chi-Rho-simbool sou vir die res van Konstantyn se lewe sy persoonlike handtekening wees.

Teïstiese geloof vs. Christelike geloof
As keiser het Konstantyn die Edik van Milaan uitgereik. Dit het verklaar dat Romeinse burgers vry is om die gode van hulle keuse te aanbid. Die Edik van Milaan het die langdurige vervolging van Christene in die Romeinse Ryk beëindig. Konstantyn het nog nie op daardie tydstip aanspraak gemaak dat hy ’n Christen is nie en hy het ook nog nie ’n amptelike staatsgodsdiens voorgestaan nie. Op grond van sy volgehoue gebruik van sekere heidense simbole, glo geleerdes dat Konstantyn se vroeë geloof oor die algemeen teïsties was, eerder as spesifiek Christelik. In die loop van sy bewind het hy toenemend Christelike terme begin gebruik. Nadat hy beheer oor die hele Romeinse Ryk bekom het, het hy grootse kerke opgerig en die Christendom openlik voorgestaan.

Bemiddelaar en gasheer vir die Raad van Nicea
Tydens Konstantyn se bewind het daar omstredenheid ontstaan oor die leringe van Arius, wat Jesus se volle goddelikheid ontken het. Konstantyn het ’n vergadering van die Christelike biskoppe – die Raad van Nicea – beroep om die geskil te besleg. Ondanks die gewilde mite, is die kanon van die Bybel nie tydens hierdie vergadering bepaal nie en het Konstantyn nie invloed op die besluite van die raad uitgeoefen nie.

Die keisers het dit as hulle verantwoordelikheid beskou om “suiwer” vorms van aanbidding te bevorder. Konstantyn het dus nie belanggestel om die ortodoksie te bepaal nie, maar dat die biskoppe dit definieer sodat hy dit kon afdwing. Konstantyn was ook nie bekend vir sy filosofiese vermoëns nie en dieper teologiese besprekings was bo sy vuurmaakplek. Hy het trouens eerder as bemiddelaar en gasheer van die raad opgetree – ’n rol waarin hy uitgeblink het.

Positiewe gevolge
Konstantyn se Christelike geloof word gereeld gekritiseer, selfs geheel en al bevraagteken. Aan die een kant het hy groot vordering gemaak om politieke en sosiale regte vir Christene te bewerkstellig en om algemene humanitêre hervormings in te stel. Hy het sy tyd en geld aan die bou van kerke bestee en die Christendom openlik ondersteun. Veral teen die einde van sy bewind het Konstantyn sy geloof in Christus openlik verwoord en God al die eer vir sy sukses gegee. Volgens die algemene gebruik van die era, is hy kort voor sy dood gedoop.

Negatiewe gevolge
Aan die ander kant het Konstantyn met baie heidense praktyke voortgegaan, insluitend die aanbidding van die son. Sy belangstelling in Christelike ortodoksie was hoofsaaklik weens sy begeerte om maatskaplike bestendigheid te handhaaf. Daar word ook vermoed dat Konstantyn net so meedoënloos teenoor sy mededingers opgetree het soos al die vorige keisers. Een van sy seuns, ’n swaer en sy tweede vrou is weens onbekende redes tereggestel. Hy het heidense praktyke vrylik met die Christelike oortuigings vermeng. Dit laat geleerdes dink dat sy openbare aanvaarding van die Christendom moontlik ’n slim politieke skuif was wat hom aan ’n opkomende sosiale mag in die Romeinse Ryk gekoppel het.

’n Ope vraag oor sy geloof
Of Konstantyn ’n toegewyde Christen; ’n slinkse, Christen-vriendelike politikus, of iets tussenin was, bly ’n ope vraag. Hy het ongetwyfeld eeue van Christen-vervolging beëindig en die sosiale status van die Christendom aansienlik verhoog. Hy het hulpbronne aan kerke en Christelike onderwys toegewy en onder sy leierskap is duidelikheid oor belangrike Christelike leerstellings gekry.

Die Inkwisisie en Kruistogte Konstantyn se optrede het ook ’n paar probleme tot gevolg gehad. Met die afname van vervolging, het valse bekeerlinge ook deel van die kerk geword. Die vermenging van Christelike oortuigings met die sekulêre politiek het ’n patroon geword wat tot latere rampe soos die Inkwisisie en die Kruistogte bygedra het. Konstantyn se vermenging van die Christelike geloof met heidense, gebou-en-priester-gesentreerde aanbidding, het ook tot die opkoms van die Rooms-Katolisisme bygedra.

Dominante figuur in die Christelike geskiedenis
Konstantyn se nalatenskap is ingewikkeld, maar hy is een van die dominante figure in die Christelike geskiedenis. Sy invloed het die Christendom van ’n vervolgde minderheid in die uiteindelike staatsgodsdiens van die Romeinse Ryk en die mees algemene geloof in die geskiedenis omskep.


16 Junie 2022

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org