Deur: pastoor Rudi Briel

Moed is die bereidheid om soms die moeiliker weg bo die makliker weg te kies. Op ’n donker nag in 1912, iewers in die Noord-Atlantiese oseaan, was ’n skip besig om te sink. Daardie nag sou 1 517 passasiers tragies sterf.

Daar was drie ander skepe naby toe die noodseine van die sinkende skip uitgestuur is. Die eerste skip, die Sampson, was sowat 10 km van die sinkende skip af en die bemanning kon dit sien. Hulle wou egter nie help nie, want ’n reddingspoging kon moontlik hulle onwettige vangs van robbe aan boord aan die lig bring. Daarom is die makliker weg gekies en die sinkende skip is geïgnoreer.
Die tweede skip, die Californian, was 20 km van die sinkende skip af en ook bewus van die noodseine. Die kaptein het egter besluit om ’n reddingspoging uit te stel tot daglig, aangesien die donker nag en drywende ysblokke gevaar vir hulle eie veiligheid sou inhou. Moed het ontbreek en die makliker weg is ook gekies.

Die derde skip, die Carpathia, was 100 km verder. Toe die noodsein gehoor is, het die kaptein, Arthur Rostron, na God geroep om hulp en die reddingspoging tussen die gevaarlike ysblokke aangedurf.

Drie ure later is 705 mense van die sinkende Titanic gered. Wat was die verskil? ’n Kaptein wat twee dinge gehad het: vertroue in God en die moed om die moeiliker weg bo die makliker weg te kies.

Moed is nie die afwesigheid van vrees nie, maar die bemeestering daarvan en die bereidheid om soms die moeiliker weg bo die makliker weg te volg. “Wees sterk en vol moed” (Deut 31:6).

Pastoor rudi briel is die senior pastoor van die AGS Centurion-gemeente. Volg gerus sy boodskappe op AGS Centurion se Facebook-blad. Kontak hom by admin@agscenturion.co.za


26 Januarie 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org