“As jy dan oor die gawe beskik om ander mense te dien, dien hulle dan met oorgawe. As jou hemelse geskenk is om ander te leer waaroor ons verhouding met God gaan, doen net dit.” (Romeine 12:7)

Ons juig oor nog ’n maand waarin Radio Tygerberg 104fm-personeel op verskeie vlakke die visie en mandaat van die stasie kon uitleef: “Om alle mense te inspireer en te impakteer met die verlossings-krag van die Evangelie van Jesus Christus. ” Wat doen jy wanneer jy as gemeenskapstasie die daaglikse uitdagings sien wat die samelewing waarbinne jy leef, in die gesig staar? Jy verkondig dít wat mense in ’n tyd soos hierdie nodig het – die Woord van God. Deur ’n unieke vingerafdruk van lewensverrykende inhoud wat uitgesaai word, ons groothartige personeel en gevestigde handelsmerk, bereik Radio Tygerberg 104fm daagliks duisende individue.

Toekennings en vennootskappe
Die Here maak dit moontlik om danksy ons tweejaarlikse fondsinsameling, Pledgeweek, voort te gaan om nasionale en internasio-nale inhoud vir uitsendings saam te stel. Ons het vanjaar nogmaals met groot vreugde die Association of Christian Media se Focus on the family-toekenning ontvang. Natuurlik is dit ook belangrik om vir ons luisteraars ’n stem te gee. Met die #KleinSaterdag-inisiatief gee ons blootstelling aan organisasies sonder winsmotief en skakel ons direk met die gemeenskap om inhoud van hoop en vernuwing uit te saai. Die inhoud van die uitsendings spoel ook oor na ons webtuiste tygerberg104fm.co.za, waar personeellede onder meer die Evangelie in die Dagstukkies Met-rubriek, verkondig.

Personeel vol van die Here se liefde
Ek het met beskeidenheid op die trefkrag en unieke vingerafdruk van Radio Tygerberg 104fm in Suid-Afrika gewys, maar wanneer dit by ons personeel kom, is dit moeilik – amper onmoontlik – om beskeie te bly. Danksy die Here se liefde wat in hulle lewendig en sigbaar is, kon verskeie projekte die afgelope ruk die lig sien en gehoor word!
’n Unieke vingerafdruk is nie moontlik sonder personeel wat self projekte inisieer nie. Surita Cowley, ons bedieningshoof, Rachel Scheepers, die administratiewe beampte en Minda Groenewald, die ontvangsdame, het ’n luisteraar, Sandra Wessels, opnuut vrou laat voel met ’n mooimaakgeleentheid by die ateljee.
Verder kon Radio Tygerberg 104fm die hande van die Delft Senior Forum versterk, toe hulle vir oupa Fredie Blom sy 115-jarige verjaarsdag beplan het. Daar is ook standpunt ingeneem by die jaarlikse 1000 Vroue Een Stem-geleentheid wat geweld teen vroue en kinders teenstaan.

Kinders en tieners lê ons na aan die hart
Kinderharte en -glimlagte is ’n sterk dryfveer onder die personeel. Gereelde besoeke aan die Rooikruis-kinderhospitaal, die Tygerberg-hospitaal en ook ’n pretdag saam met die Hope Gemeenskapsentrum in Blikkiesdorp, vorm deel van ons DNS. Ons dink ook aan die toekoms van ons jongmense en vat met hulle hande tydens die matriekafskeidseisoen.
Ons juig oor die geleenthede wat die Here oor ons pad stuur om hoop en liefde aan die Kaapse Skiereiland en landswyd te bring. Met ’n unieke vingerafdruk, is ons besig “om alle mense te inspireer en te impakteer met die verlossingskrag van die Evangelie van Jesus Christus.” Jy kan deel word van ons span of meer uitvind oor ons deur tygerberg104fm.co.za te besoek vir ons verskeidenheid programme, kalender, potgooie en blogs. Of skakel gewoon in op radio 104fm, om saam te luister!

Skakel ons:
Kantoor: 0861 104 104 | SMS: 32716
WhatsApp: 084 661 4104

E-pos:
E-pos: reception@104fm.co.za
Gebed: gebed@104fm.co.za

Bankbesonderhede:
Radio Tygerberg
Bank: ABSA, tjekrekening
Takkode: 632005 | Rek nr: 4048941668


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)