—deur Karli Dürr

Gesoute kampeerders wéét daar is iets besonders aan kamp, maar hoe weet jy watter soort kampeerder jy is as jy nog nooit jou baksteenmure vir ’n paar tentpenne verruil het nie? Dié prettige vraespel sal jou help om vas te stel hoe jy Moeder Natuur op haar beste kan benut!

1. Wat is die eerste ding wat jy by die kampterrein doen?
a. Verken die omgewing
b. Steek ’n vuurtjie aan
c. Neem foto’s

2. Jy dra graag …
a. Tekkies
b. Plakkies
c. Hoëhaksoene

3. Wat moet tussen jou en Moeder Natuur wees?
a. ’n Seil
b. Glasvesel
c. ’n Muur

4. Waaruit wil jy jou kos eet?
a. ’n Papierbord
b. ’n Blikbord
c. ’n Glasbord

5. Jou gunstelingdier is …
a. ’n Leeu
b. ’n Hond
c. ’n Papegaai

6. Kan jy sonder ’n selfoonsein oorleef?
a. Ja, dit klink ideaal!
b. Miskien
c. Nee! Beslis nie!

7. Jy eet graag …
a. Braaivleis
b. Pap en sous
c. ’n Driegangmaaltyd

8. Saans wil jy …
a. Malvalekkers oor die kole braai
b. Langs die kampvuur kaartspeel
c. In ’n Jacuzzi lê en sterrekyk

9. Die perfekte braai is …
a. ’n Oop vuurtjie in die veld
b. ’n Braaidrom
c. ’n Gasbraai

10. Saam met wie wil jy die graagste kamp?
a. Jou vriende
b. Jou gesin
c. Jou wederhelfte

Meestal a’s:
Tentkampeerder
Om in die natuur te wees is vir jou sielskos. Jy verruil dikwels die besige stadslewe vir ’n ongerepte kampterrein in die Bosveld of teen ’n rivier waar jy weer nuwe moed kan skep.

Meestal b’s:
Karavaankampeerder
Jaarlikse gesinsvakansies by die see laat jou oë blink. Jy is lief vir kamp, maar wil ten minste op ’n bed slaap en ’n deur kan sluit terwyl jy jou aan die naggeluide verluister.

Meestal c’s:
Glanskampeerder
Die natuur lok jou uit die stad, maar jy wil nie jou luukse bederfies agterlaat nie. Daarom verkies jy ’n wilde, dog weelderige wegbreek in ’n glanstent.


Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie
Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)