Deur: Ciska Swanepoel

In ’n tyd van onsekerheid, is die vraag wat jy jouself moet afvra: Wat het ek beskikbaar in my hand om iets mee te doen? Kan ek die droom in my hand bewaarheid en indien wel, hoe?

Dawid moes vyf klippies optel
Dikwels bid ons vir ’n uitkoms, maar die antwoord op ons gebed behels om hand aan die ploeg te slaan sodat God sy wonderwerk in ons lewe kan doen. Dawid moes vyf klippies gaan optel, Ester moes die koning vir aandete nooi, die weduwee moes al haar bure se kruike en houers gaan leen sodat God dit tot oorlopens met olie kon vul. Wat is dit wat jy van jou kant af kan doen? Wat het jy in jou hand?

Bemagtig om jou eie besigheid op te bou
Die eienaar en besturende direkteur van Sh’Zen, Ingrid Alexander, het ’n hart vir die bemagtiging van vroue. Haar visie is om vroue te help om hulle droom van ’n eie entrepreneuriese besigheid te vervul. By Sh’Zen glo ons aan bemagtiging om drome waar te maak. Of jou droom is om ’n entrepreneur te wees of ’n inkomste te verdien terwyl jy as mamma die kinders rondry of terwyl jy jou graad klaar maak; of as jou onmiddellike droom is om ’n ekstra inkomste te verdien om jou huis of motor te behou, is Sh’Zen die antwoord. Ons het die afgelope 32 jaar duisende vroue (en mans) bemagtig en gehelp om hulle besighede op te bou volgens hulle eie behoeftes.

Eg Suid-Afrikaans!
Sh’Zen is een van Suid- Afrika se skoonheids-en-gesondheidsmaatskappye in direkte verkope wat die vinnigste groei. Ons spesialiseer in produkte wat ryk is aan aktiewe plantekstrakte en essensiële olies. Nie net bied Sh’Zen ’n wonderlike besigheidsgeleentheid vir jou nie, maar komplimenteer die geleentheid met produkte van hoë kwaliteit wat eg Suid-Afrikaans is, van ons PhytoExquisites™-velsorgreeks tot ons nuutste Forest Bathing-reeks.

Ons sal jou bystaan
Wat jy ook al wil bereik, ons sal jou van die hulpmiddels voorsien en jou bystaan om jou doelwitte te bereik. Ons netwerk van spanleiers, streeksverkoopsbestuurders en personeel sal jou elke treetjie van die pad ondersteun. Ons wil jou graag by ons Sh’Zen-familie verwelkom. Deur een van ons konsultante te word, sal jy die eerste tree neem op jou pad na persoonlike bemagtiging. Ons kan nie wag om die reis saam met jou te begin nie!

Ciska Swanepoel is die nasionale verkoopsbestuurder van Sh’Zen.


9 September 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org