N oproer is ’n gewelddadige, luidrugtige openbare betoging deur ’n skare. Onluste lei gewoonlik tot beskadiging van eiendom en mense wat beseer word. Ons sien ’n toename van onluste in die wêreld, aangevuur deur alles van rassekwessies tot godsdiens. In Suid-Afrika het ons onlangs massa-oproerigheid gesien ná die inhegtenisneming van oudpresident Jacob Zuma. Soms kan ’n vreedsame protesoptog in ’n oproer verander as sterk emosies in die meerderheid protesteerders ontketen word. Dié wat oproerig is, glo dikwels dat hulle dade geregverdig is terwyl hulle as ’n groep vurig uiting gee aan hulle gevoelens. Maar is hulle reg? Sê die Bybel iets oor oproerigheid?

Onluste word in die Bybel genoem
Die Bybel noem ’n paar voorvalle van oproerigheid en nie een is in ’n gunstige lig gestel nie. Paulus was by verskeie geleenthede die slagoffer van oproeriges (2 Kor 6:5; Hand 17:5; 19:23-41). In elke voorval was jaloesie en misleiding die kernoorsaak van die oproer. Dit was die haatgevulde agenda van die opstokers wat die inwoners van die stad aangehits het en baie van die oproeriges was nie eens seker waaroor die betoging gegaan het nie. Die feit dat die meeste van die oproeriges in Efese “nie geweet hoekom hulle daar bymekaar was nie” (Hand 19:32), spreek boekdele oor gepeupelgedrag.

Die berugste oproer in die Bybel
Die berugste oproer in die Bybel het plaasgevind tydens Jesus se verhoor voor Pilatus. Die goewerneur het geen skuld in Hom gevind nie (Luk 23:4; Joh 19:4). Die hoofskrifgeleerdes en godsdiensleiers was egter vasbeslote om Jesus dood te maak, daarom het hulle die skare opgestook (Matt 27:20; Mark 15:11). Hier is ’n leidraad oor die aard van die meeste oproere. Baie van die mense in die skare het Jesus se wonderwerke gesien, gehoor hoe Hy in hul sinagoges lering gee en is moontlik selfs deur Hom genees. Tog het hulle onder die invloed van vurige leiers handomkeer teen Hom gedraai. Dieselfde mense wat enkele dae tevore “Hosanna! Hosanna!” (Mark 11:9-10) uitgeroep het, het nou geskree: “Kruisig Hom!” (Mark 15:13-14).

Die meeste onluste word aangehits deur opstokers
Die meeste onluste begin met ’n opstoker, iemand met ’n agenda. Onluste mag dalk oënskynlik spontane uitbarstings van verenigde woede wees, maar by nadere ondersoek word ontdek dat mense agter die skerms die emosionaliteit van die skare uitbuit. Dié wat verwag om uit die oproer voordeel te trek, gebruik opruiende woorde, oordryf besonderhede en gebruik ’n paar medewerkers om dit te laat lyk asof die oproer spontaan begin het. Met ander woorde, dié wat nou onluste aanhits, gebruik dieselfde taktiek as wat die skrifgeleerdes en Fariseërs in Jesus se tyd gebruik het.

Sosiale druk is ’n kragtige motiveerder
Mense wat vasgevang is in die onstuimigheid van die oomblik, besef nie dat hulle gebruik word nie. Hulle is gemanipuleer om te glo dat hulle geregverdig is om ander se eiendom te plunder en onoordeelkundig te vernietig. Sosiale druk is ’n kragtige motiveerder en as almal om ons aangestook word deur woede, slagspreuke uitroep en op “verandering” aandring, is dit maklik om saam met die skare opgesweep te word. Dit sou interessant wees om te weet hoeveel van dié wat Jesus se kruisiging geëis het, later spyt was daaroor toe die emosies afgekoel het. Lukas 23:47 lig die sluier oor een so ’n moontlike hartsverandering. ’n Hoofman oor honderd wat gehelp het met Jesus se kruisiging, besef skielik wat hy gedoen het en sê: “Hierdie man was werklik onskuldig.”

Oproer is onbybels
Oproer is ’n vorm van wetteloosheid wat deur die Bybel veroordeel word (1 Joh 3:4). Selfs as die oproermakers ’n regverdige saak wil bevorder, doen hulle dit op ’n sondige manier. Soos die stadsklerk van Efese die oproeriges in sy stad herinner het: “Die hofsittings word gehou, en daar is regters … as julle verder wil gaan, moet die saak op ’n wettige volksvergadering behandel word …” – Handelinge 19:38-39

Niemand staan bo die wet nie
Om wetteloos te wees, is om jouself as ’n uitsondering op die wet te beskou of om op te tree asof daar geen wet is nie. Die wetteloses dink reëls is nie op hulle van toepassing nie en dat hulle bo die wet staan. Dit is wat gedurende ’n oproer gebeur. Selfs mense wat gewoonlik wetsgehoorsame burgers is, se woede en eiegeregtigheid kan opgestook word sodat hulle besluit dat hulle saak die moeite werd is om wettige, morele en etiese wette te oortree. Hulle vernietig eiendom, belemmer vervoer, berokken onskuldige omstanders skade en hou die polisie, wat hulle tyd en bronne aan ander sake kon wy, besig.

Oproeriges stel hulself en hulle leiers bo die wet; dit is sonde (Rom13:1-2). Woede is nooit ’n betroubare gids nie (Jak 1:20), veral nie as dit deur wraak aangevuur word of deur selfsugtige opswepers aangehits word nie. Dié wat hulle daardeur laat beheer, kan dwase deelnemers word aan goddelose oproere.


22 Oktober 2021

 

 

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

VRYWARING: Joydigital-nuus ’n Christen-nuusportaal wat voorafgepubliseerde artikels publiseer wat deur skrywers wêreldwyd geskryf is. Elke artikel word aan die oorspronklike bron gekoppel en elke artikel word met die naam van die outeur gekrediteer. Hoewel ons baie artikels publiseer wat deur JUIG! Of JOY!-joernaliste geskryf is, produseer ons nie eksklusief ons eie inhoud nie. Enige sieninge of standpunte wat op hierdie webtuiste aangebied word, is uitsl uitlik dié van die outeur en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie

Return to Home

Share Your Thoughts


By signing in, you agree to receive our fantastic weekly afrikaans2letter.
You may opt out at any time, although they're pretty good ;)
More quality content if you check those pages xxx; filme porno; xnxxfr.org; xxnxx; xvideosxnxx.org